SATERDAG

JOU DAG

Dissipline en diskresie gaan jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nuuskierig en sosiaal wakker en hou daarvan om die wêreld rondom jou waar te neem. Fokus in die komende jaar meer op die geestelike sy van die lewe.

SONDAG

JOU DAG

Dit is ’n uitstekende dag om tyd saam met familie en vriende deur te bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geduldig en oplettend. Probeer om in die komende jaar minder uit te stel en meer positief en proaktief te wees. In Oktober is liefde in die lug.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Verveelde Ram is ’n resep vir moeilikheid. Beproef nuwe aktiwiteite hierdie naweek, raak met selfdoentake besig, gaan op ’n uitstappie of avontuur, beoefen sport of bestudeer iets wat jou nog altyd geboei het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Spring uit jou groef en doen hierdie naweek iets opwindend anders terwyl jy pret het saam met jou geliefdes. Die sterre lyk gunstig vir sportaktiwiteite en kreatiewe stokperdjies.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Bekommer jy jou oor iets? Soek raad by ’n ouer familielid of vriend, iemand wie se wysheid en ondervinding jy respekteer. ’n Gedeelde probleem is immers ’n halwe probleem.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is ’n wonderlike naweek om gesig te wys in jou plaaslike gemeenskap, terwyl jy met eendersdenkende siele kommunikeer en by hulle aansluit. Maak seker jy balanseer kop en hart, intellek en intuïsie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Van jou beste werk word nou agter die skerms gedoen. Ander mense sal miskien nie opmerk – of waardeer – wat jy hierdie naweek doen nie, maar jou pogings sal in die komende dae en weke beloon word.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter tel hierdie naweek in jou guns, veral wat groepe, klubs en organisasies betref. Alles lyk nou gunstig vir jou toekomsverwagtings, drome en wense. Gaan uit en laat dinge gebeur.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale wat lief is vir luukshede, kan kortsigtig wees wat geld betref. Mars moedig jou aan om ekstra onverskillig te wees met jou geld. Geniet die lewe hierdie naweek, maar moenie al jou geld bestee nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie hierdie naweek kortpaaie neem nie. Jy sal sukses behaal as jy geduldig is en al die nodige huiswerk of navorsing doen. Wees op die uitkyk vir feite wat onder die oppervlak versteek is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou energie en motivering word versterk. Dit is ’n gunstige naweek om konkrete planne te maak, ambisieuse doelwitte te stel en deur persoonlike en professionele projekte te stoomroller.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met die vredemakende Venus – plus die son en Mercurius – in jou vennootskapsone, is dit die ideale tyd om jou intieme verhoudings te verbeter of probleme met ’n knorrige kollega uit te stryk.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou huidige motto kom van jou beroemde verjaardaggenoot, Tom Hanks: “Ons kan kies om ons medemense met ’n oop gemoed, ’n tikkie optimisme en ’n groot skoot eerlikheid te benader.”

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verhoudings behoort hierdie naweek aangenaam te wees, aangesien die planete gunstig lyk vir romanse, gesprekvoering en geselligheid. Stel ’n besige sosiale program op, terwyl jy gesellig verkeer en hope pret het.