SATERDAG

JOU DAG

Dit is ’n goeie dag om te werk aan die verbetering van ’n intieme verhouding.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met Saturnus, jou heersende planeet, wat deur die Boogskutter beweeg, is 2016 die jaar wanneer jy meer buigsaam en openlik moet wees in jou opvatting oor die lewe.

SONDAG

JOU DAG

Die nuwemaan is die perfekte tyd om die lei skoon te vee en van nuuts af te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor 'n robuuste en realistiese uitkyk op die lewe, maar moenie dat dit jou verhoed om uitgelate te wees en heelpad pret te hê nie!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Gebruik jou talent vir selfbevordering om in die openbare kollig te skyn en bevorder sodoende jou loopbaan. Die ou sêding “Dit is nie wat jy weet nie, maar wie jy ken” was nog nooit meer in die kol as nou nie, dus moet jy dadelik begin om ’n netwerk op te bou.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verveling is tans ’n yslike taboe vir Bulle. Die nuwemaan aktiveer jou avontuurlustige sone, so lig jou pragtige bees-agterent en begin met die beplanning van ’n opwindende wegbreektyd in die nabye toekoms.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar bestaan ’n sterk moontlikheid van ’n vars begin op finansiële of seksuele gebied, aangesien die nuwemaan jou aanpor om ’n kans te waag met ’n slim spaar- of beleggingsplan; ’n nuwe belangstelling ten opsigte van die liefde of die herlewing van ’n muwwe ou verhouding.

KREEF 22 Jun.-22 Jul.

Met die nuwemaan wat die toere in jou verhoudingsone opjaag, is dit tyd om ’n problematiese verhouding in heroorweging te neem. As jy nuwe gedragspatrone opstel, sal die verhouding in 2016 na 'n dieper en meer bevredigende vlak beweeg.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die nuwemaan wat jou lekkerkrysone belig, moet jy jou dit ten doel stel om jou keuses ten opsigte van dieet en oefening so gesond en ingelig as moontlik te maak. 2016 gaan 'n buitengewoon goeie jaar wees en Katte moet in 'n uitstekende kondisie wees!

MAAGD 24 Aug-23 Sept.

Die nuwemaan in die Bok-teken is die ideale tyd om ’n brose verhouding met ’n kind, tiener of intieme vriend/in te herbou. Gee hulle hope vryheid om foute te maak. Dit is die enigste manier waarop hulle sal leer.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Baie mense in die teken van die Weegskaal sal 2016 begin met ’n opwindende hoofstuk wat die huis of die gesin raak. Moontlike vernuwings, verplasing, ’n nuwe huismaat of die verwelkoming van ’n nuwe lid in die gesin.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan dui op ’n vars begin in jou onmiddellike omgewing. Jy kan by ’n plaaslike gemeenskapsgroep aansluit of jy kan ’n buurman in nood help. Jy beskik oor vele talente om te deel, dus moet jy nie huiwer om ’n bydrae te maak nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die nuwemaan in die Bok-teken sal help om jou vurige Boogskutter-energie te temper. Is jy bekommerd oor geld? Wat finansies betref … hoe meer gestruktureerd jy is, hoe beter sal jou bankbalans wees.

BOK 22 Des.-20 Jan.

Die nuwemaan en Pluto werp albei lig op jou teken, dus draai alles op die oomblik om jou, Bok. Maak net seker dat selfbewussyn nie tot hardkoppigheid en selfsug lei nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraer, moenie vandag oppervlakkig wees en mense en situasies op sigwaarde aanvaar nie – neem tyd en kyk ’n bietjie dieper. Hoe meer jy dinge navors, hoe meer fantastiese besonderhede sal jy ontdek.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan in die Bok-teken help om jou rustelose Visse-siel te stabiliseer. Dit is dus ’n uitstekende naweek om ’n ambisieuse projek wat konsentrasie, motivering en hope dissipline verg, aan te pak.