SATERDAG
JOU DAG

Met vanaand se volmaan val die kollig op werkkwessies en persoonlike verantwoordelikhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie beskermend oor jou mense. In die komende jaar moet jy daaraan werk om heelwat geduldiger te wees. November is uitstekend vir liefde en romanse.

SONDAG
JOU DAG

Terwyl die volmaanstrale talm, kan jy ’n besige, intense en/of dramatiese dag verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die sterretekens se dag van wonder gebore. Dit beteken jy is alewig nuuskierig en ontvanklik vir nuwe idees. Soek in die volgende 12 maande nuwe professionele weivelde.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die intense volmaan storm deur jou beroepsone; slaan die remme aan en dink voor jy praat, veral by die werk. Anders kan jy maklik die verkeerde ding sê en ander onbewustelik ontstel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die volmaan aktiveer jou kommunikasie- en leersone. Oefen jou brein terwyl jy gesels, SMS, twiet, navors en so kreatief moontlik gesprekke voer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Neem jou geldsake ernstig op; die volmaan onderstreep gesamentlike finansiële ooreenkomste. Maak ook seker jy verstaan jou fiskale verantwoordelikhede en kom jou verpligtings na.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

As jy in ’n verhouding is, kan jy oor die naweek volop volmaan-intensiteit met jou maat verwag. Die planete stuur ’n sensuele en geheimsinnige minnaar in sommige gelukkige Krewe se rigting.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is behoorlik gefokus op die verlede noudat die volmaan jou geheuesone aktiveer. Herinnerings is goed, maar moenie in ou griewe vasgevang word nie. Dit is tyd om dinge opsy te skuif en aan te gaan met jou lewe.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met die volmaan wat jou vermaaklikheidsone energie gee, moet jy ophou om so hard te werk en jou so baie te bekommer. Skop agterop en hê ernstig pret. Dalk geniet jy dit nog!

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Huishoudelike dramas of misverstande is baie moontlik terwyl die volmaan jou gesinsone aanvuur. Gebruik gerus jou diplomatiese vaardighede. Pasop net dat jy nie in die spervuur beland nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

’n Intieme verhouding raak uiters intens; moenie dinge ophaal wat liefs moes gebly het nie. Duidelike kommunikasie sal sorg vir ’n volmaannaweek sonder drama.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die volmaan wat jou geldsone stimuleer, moet jy jou bes doen om spontane aanlyn inkopietogte te vermy. Koop wys; volgende week vind jy dalk nie meer aanklank by iets wat jou hierdie naweek bekoor nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die Steenbok-volmaan beklemtoon kommunikasieprobleme in ’n intieme verhouding. Julle albei sal toegewings moet maak, anders gaan die emosionele toutrekkery voortduur.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Jy gaan rusteloos en rebels voel aangesien die volmaan jou ontstel, maar dit is niks wat jy nie kan afskud nie. Kry interessante en stimulerende dinge om te doen sodat jy nie verveeld raak en ander ontstel nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Jy het ’n sterk behoefte om ander te help aangesien jou simpatieke sy tot aksie oorgaan. Groepsaktiwiteite en kunstige nastrewings word bevoordeel terwyl jou sosiaal en kreatief uitleef.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.