Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Streef daarna om vandag produktief en proaktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Hoë Romanse, wil jy graag verlief wees. Volgende jaar is die jaar om meer betrokke te raak by enersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap.

SONDAG

JOU DAG

Stel hoë standaarde en streef daarna om dit te bereik.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie so vasgevang word en ’n obsessie hê met jou eie lewe dat jy vergeet om op te kyk en die wonderlike wêreld om jou raak te sien nie. In 2017 moet jy daarna streef om meer avontuurlik te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius jaag tot 25 Oktober deur jou verhoudingsone. Dit is nou die tyd om die kommunikasiekanale oop te hou met geliefdes terwyl julle probleme met ekstra takt en diplomasie bespreek.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die naweek is wonderlik om boeke te lees, ’n storm los te kook, te oefen, tyd saam met kinders deur te bring of om die buitelewe saam met ’n vierpotige vriend te geniet. Hou jou gedagtes goed aan die gang.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou heersende planeet, Mercurius, storm tot 25 Oktober deur jou selfuitdrukkingsone. Die tyd is daarom volmaak om ’n kreatiewe projek aan te pak terwyl jy skryf, teken, dans, iets opvoer, verf of sing.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg tot 25 Oktober deur jou huishoudelike sone. Dit is nou tyd om duidelik met jou naaste kennisse en geliefdes te kommunikeer terwyl jy die kommunikasielyne wyd oophou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Spraaksame Leeus is in die bui om gesellig te verkeer, te kommunikeer en te gesels, te praat en boodskappe te stuur, te reis en te twiet. Maak net seker jy versprei nie ongegronde praatjies nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jou vermoë om oor geldsake en sakestrategieë te gesels, word verhoog met Mercurius wat deur jou finansiële sone beweeg. Jy kan baat vind by selfhelpboeke en selfverbeteringskursusse.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius beweeg deur jou teken. Dit is voordelig vir kommunikasie met ander mense op paslike Weegskaal-manier deur goeie kos en opgeruimde geselskap terwyl jy kulturele aktiwiteite soos kuns, rolprente en musiek geniet.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Stadig nou. Mercurius beset jou privaatheidsone. Maak tyd vir ’n boeiende gesprek met ’n spesiale mens – jyself. Afsondering is tans sielskos vir jou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Hierdie naweek is gesprekvoering die wagwoord vir parmantige Boogskutters, terwyl Mercurius deur jou groep- en netwerksone beweeg. Dit gaan jou meer selfvertroue gee as jou stem deur ander gehoor word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met Mercurius wat tot binne-in jou beroepsone beweeg, is dit nou tyd om meer gereeld met kollegas te kommunikeer; professioneel en sosiaal. As jy op soek is na werk, versprei die woord ver en wyd.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers is gewoonlik nuuskierige wesens. Hierdie naweek se sterre moedig jou aan om meer avontuurlik en eksperimenteel as gewoonlik te wees -- fisiek, verstandelik, emosioneel en geestelik.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou huidige sterre plaas navorsing, geheime en misterie in die kollig. Die naweek is uitstekend om iets – of iemand – te bestudeer. Lees ook ’n misdaadverhaal; bou ’n legkaart of soek na iets wat verlore is.

© Joanne Madeline Moore