aries-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Saturnus en Pluto maak dinge hierdie naweek ingewikkeld.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geneig om tot die uiterste oor te gaan, en jou hoofles is om in jou daaglikse lewe na meer balans en harmonie te streef.

SONDAG

JOU DAG

Leer hierdie naweek om maats te maak met jou frustrasies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is oortuigend en het ’n talent vir stories vertel. Vanjaar is die jaar om meer betrokke te raak by eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wat ’n romantiese of sakeverhouding betref, wil jy graag volstoom vooruit gaan, in teenstelling met diegene wat dinge rustig wil neem. Jy sal geduldig moet wees, al is dit nie een van jou sterkpunte nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Geldsake raak ernstig en verwarrend as ekstra rekenings of stygende koste jou tref. Dit is noodsaaklik om ’n streng begroting te hê en daarby te hou – veral as jy in ’n finansiële vennootskap is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Mik daarna om die balans tussen jou persoonlike en professionele lewe reg te kry. As jy te krities raak teenoor geliefdes of kollegas, gaan jy onnodige angs veroorsaak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Wees ekstra versigtig as jy hierdie naweek met mense in gesagsposisies te doen het. Jy voel emosioneel kwesbaar. ’n Buierige uitbarsting sal nie deur mense in magsposisies waardeer word nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy projekte aanjaag, gaan jy dit net later moet oor doen. Wat ’n kind, tiener of intieme vriend betref, kan jy die naweek ’n groot terugslag verwag. Baasspelerigheid gaan dinge net vererger.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Om georganiseerd en buigsaam te wees, is die sleutel tot ’n minder stresvolle naweek. Intieme verhoudings lyk problematies, aangesien sommige geliefdes onder druk voel. Markeer jou pas.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Met Saturnus wat agteruit deur jou geselskap- en reissone beweeg, kan jy vertragings, dramas of verwarring rakende motors, rekenaars of kommunikasie verwag. Sit ’n bietjie tyd opsy om dinge met ’n vriend uit te praat.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Son/Pluto-trigoon is uitdagend en wakker jou beheervraatneigings aan. Wees versigtig om nie hierdie naweek tot oorlog oor te gaan nie. Jy sal dalk uitvind jy het jou moses teëgekom.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dit kan na ’n goeie idee klink om oorhaastig te raak wat ’n verhouding betref, maar dit gaan net later tot probleme lei. Met Saturnus wat agteruit deur jou teken beweeg, sal ’n stadige en bestendige spoed jou die wedren laat wen.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan ’n paar frustrasies, vertragings of uitdagings verwag terwyl dit lyk asof Saturnus en Pluto elke skuif belemmer wat jy maak. Moenie stres nie. Gebruik die geleentheid om jou benadering te hersien en jou planne te herevalueer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Gebruik jou tyd as jy met ander mense kommunikeer; persoonlik en deur die sosiale media. As jy iets sê of ’n boodskap stuur wanneer jy gejaagd voel, kan dit tot moeilikheid lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Beskou jy ’n romantiese verhouding deur ’n belaglik rooskleurige bril? Hoe hoër jy jou maat op ’n voetstuk plaas, hoe harder gaan hy of sy val. Leer dus om hulle met foute en al lief te hê.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017