SATERDAG

JOU DAG

Probeer om op kreatiewe en deernisvolle wyses te kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van ontdekkings gebore en persoonlike vryheid is vir jou baie belangrik. Jy bly in 2016 met baie passie en doelgerigtheid op jou gekose pad.

SONDAG

JOU DAG

Kalm samewerking is vandag die geheim tot sukses.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die volgende 12 maande is die Amerikaanse sangeres Bonnie Raitt, wat Sondag verjaar, se woorde: “Een van die grootste hindernisse in my lewe wat ek moes oorkom, was ek het gedink ek verdien nie om suksesvol te wees nie.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met vier planete in jou sone vir gesondheid en fiksheid, kan jy die hardloopskoene uitskud en fisieke oefening in die gim of buite inkry. Pas jou dieet aan om meer voedsame maaltye in te sluit.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Daar is die naweek baie kreatiwiteit en deernis terwyl jy groot droom of begin om ’n nuwe, ambisieuse doelwit na te jaag. Bestee kwaliteittyd saam met ’n geliefde of gunsteling-vierpootvriend!

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer om dié naweek ’n baie spesiale persoon – jy – te koester. Ignoreer mooiweersvriende en omring jouself met positiewe mense wat jou selfvertroue vermeerder.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Duidelike kommunikasie is die sleutel tot ’n positiewe, produktiewe naweek. As jy nou al ’n ruk lank ’n gesondheidsprobleem het, is dit dalk tyd om ekstra deeglik te wees en ’n tweede mening te kry.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus hou daarvan om in die kollig te wees. Jy is mal daaroor om al die aandag te krky, maar dit is tyd om ’n geliefde ook hul plekkie in die son te gun. Staan ’n rukkie opsy en kyk hoe hulle skitter.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die gonswoord die naweek is kommunikasie. Die omstandighede is gunstig vir lang gesprekke. Jy dra jou mening aan ander oor en kry belangrike terugvoering.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Saterdag is ’n goeie tyd om stil te wees en te fokus op wat jy voel. Dis die ideale tyd vir joga, meditasie en oordenking. Sondag is weer wonderlik om te kuier, dinge te deel en sake af te handel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met die son in jou teken is jou motto vir die oomblik die Kanadese sanglegende Joni Mitchell, wat Saterdag verjaar, se liriek: “Ek wil pret hê, ek wil skyn soos die son.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is in die kollig en dra jou boodskap hard en duidelik oor. Die fokus is ook op studie en opleiding. Maak dus seker jy gee jou breinselle oefening en leer iets nuuts.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy ’n Steenbok wat kritiseer en ander probeer beheer? Jy sal die naweek beloon word as jy deernisvol met familie, vriende en kollegas praat.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die omstandighede is die naweek gunstig vir opleiding, studie, reis en avontuur en jy oefen jou verstand en liggaam behoorlik. Probeer om ekstra deernisvol teenoor ’n gesinslid te wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n wonderlike tyd om jou geldgeletterdheid te verbeter deur te lees of nuwe vaardighede by ’n kundige te leer. Hoe meer gedissiplineerd en gefokus jy is, hoe beter sal jou toekoms wees wat geld betref.