Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Vandag is kreatiwiteit en perspektief ’n kragtige kombinasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Toewyding, het jy iets nodig om jou lewe aan te wy. Jy moet in 2016 gereelde ontspanning deel maak van jou daaglikse roetine.

SONDAG

JOU DAG

Vandag is geestelike energie hoog en konsentrasie laag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy benader die meeste take op ’n versigtige en praktiese manier. Moet egter nie altyd so ernstig wees nie; onthou om te ontspan en op die uitkyk te wees vir dinge wat jy maklik kan misloop.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As dit kom by besigheidsake en jy het die harde werk gedoen wat vereis word, sal jy in staat wees om voordeel te trek uit die gelukkies wat gedurende die volgende paar weke na jou kant toe kom. Dit gaan alles oor tydsberekening en voorbereiding.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die positiewe son/Pluto-formasie sorg vir ’n wonderlike naweek. Kommunikasie en kreatiwiteit is in die kollig, terwyl jy lekker tye saam met vriende deurbring en ’n paar puik nuwe kontakte opbou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy kan nuwe energie blaas in ’n langtermynverhouding deur ’n romantiese ontmoeting te reël. Enkellopende Tweelinge, jul lewensmaat wag vir julle iewers om die draai, maar julle moet nog geduldig wees – een van die dae . . .

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is ’n wonderlike naweek om te werk aan groepsprojekte wat sweet op kort termyn nodig het vir wins op lang termyn. Maar is jy te hardkoppig oor ’n verhoudingskwessie? Opmerksame Pluto moedig ’n subtiele houdingverandering aan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan jou dalk hierdie naweek in die kollig bevind waar jy ’n toespraak moet lewer of jou idees verduidelik. Jy het die vermoë om ander te oortuig, maar maak seker dat jy vooraf al die nodige navorsing gedoen het.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Opvoeding, studie, reis, avontuur en stokperdjies word almal hierdie naweek bevoordeel terwyl jy jou verstand en liggaam deeglik oefening gee. Maar streef daarna om ekstra geduldig te wees met ’n gesinslid wat gedaan is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy probleme met ’n weerbarstige familielid? Kunsmatige oplossings gaan nie werk nie. As jy die saak dieper ondersoek, sal jy weet wat om te doen. Vertrou nou die stemmetjie in jou binneste.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die planete stuur hierdie naweek wonderlike verhoudingsgeleenthede in jou rigting, Skerpioen, die regte woorde – op die regte tye – kan regtig veranderinge bring vir die mense rondom jou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Aandag alle Boogskutters! As jy geduldig is en volhard (wat gewoonlik nie die geval is nie), sal ’n professionele of finansiële idee die potensiaal hê om in ’n baie suksesvolle langtermynprojek te ontwikkel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is praktiese mense, maar dis jou kreatiwiteit wat jou hierdie naweek regtig êrens kan bring. Gebruik dus kreatiewe visualisering en ’n aktiewe verbeelding om jou werk na ’n hoër vlak te lig.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers kan baie ligsinnig en ongeorganiseerd wees. Hierdie naweek se sterre wys dit is tyd om die een of ander soort huishoudelike roetine vas te stel wat jou sal help om take op ’n meer vaartbelynde manier af te handel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is tyd om uit te vind wat die wortel van ’n probleem of raaisel is waarby ’n familielid of buurman betrokke is. As jy jou huiswerk doen en al die opsies ondersoek, sal jy met ’n goeie oplossing vorendag kom.