Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre voorspel ’n intense en emosiebelaaide dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gevul met intuïsie en verbeeldingrykheid. In 2017 moet jy die balans regkry tussen professionele verantwoordelikhede en persoonlike verhoudings.

SONDAG

JOU DAG

Stadig en superbestendig wen vandag die resies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan ander mense op belangrike wyses beïnvloed. Moet egter nie vergeet om jou bui te verlig, te ontspan en ’n bietjie pret te hê nie.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Iemand kan hierdie naweek jou knoppies druk. Raak rustig en pas selfbeheersing toe; anders kan jy heel waarskynlik oorreageer en die situasie vererger.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Krap iemand jou om met tweedehandse nuus? Vermy kletspraatjies en moenie toelaat dat jou jaloerse sy die oorhand kry nie. As iets jou pla, praat reguit daaroor.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Verveelde Tweeling beteken moeilikheid. Beproef dus nuwe aktiwiteite, reis, durf ’n avontuurtog aan of bestudeer iets wat jou nog altyd geboei het. Lees en navorsing word veral bevoordeel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

’n Geliefde speel die skuldigheidskaart; daarom lyk dit of intieme verhoudings fel is. As julle probleme ondervind, moet julle dinge uitpraat en oplos.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Bedaar. Die naweek sal beter verloop as julle meer proaktief en minder reaktief is. As jy te sterk reageer, gaan ander mense hul bes doen om jou te vermy.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Wees versigtig oor die manier waarop jy hierdie naweek met kinders of intieme vriende kommunikeer, anders gaan die voorstelle wat jy goed bedoel vir kwetsende kritiek aangesien word. Dink twee keer voor jy raad gee.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Familieverhoudings gaan hierdie naweek uitdagend wees, aangesien sommige familielede magspeletjies speel of die skuld op mekaar afskuif. Handhaaf ’n lae profiel en konsentreer eerder op persoonlike projekte.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son/Pluto-verbinding laat die kollig op jou diep en kragtige energie val; trap versigtig. Sorg dat jy nie by rusies betrek word nie en probeer om jou besitlike streep beheer.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar kan op sonnige Boogskutters gereken word om met ’n grap of komieklike verhaal vorendag te kom wanneer ander mense intens en ernstig is. Doen jou bes om hierdie naweek die atmosfeer te verlig, maar onthou, nie almal sal geamuseerd wees nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou kompulsiewe streep gaan waarskynlik na die hoogste versnelling skuif omdat jy verwag dat jy – en ander mense –100 persent moet presteer. Sommige mense gaan egter nie jou obsessiewe houding waardeer nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy gaan nie beïndruk wees as vriende of kollegas hierdie naweek manipulerend optree of nuuskierig is nie. Jy moet dit duidelik stel dat jou privaat sake tans presies dit is – heeltemal privaat.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hierdie naweek is vol intensiteit, maar die laaste ding wat jy nodig het, is verhoudingsdramas. Jy gaan hoor wat jy wil hoor en doen wat jy wil doen terwyl jy na jou eie droomwêreld ontsnap.

© Joanne Madeline Moore