SATERDAG

JOU DAG

Verwag ’n gebeurtenisvolle, ontstellende dag propvol intense emosies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Julie en Augustus is die beste maande vir die liefde, om die jawoord te vra, te trou of jou troubeloftes te hernu. Die geluksteken Jupiter kan ook ’n paar ekstra rande jou kant toe stuur.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om die balans tussen vryheid en verantwoordelikheid reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die diereriem se Dag van Utopie en wil graag hê die wêreld moet meer volmaak en vreedsaam wees. 2016 is die jaar vir droom – en om dit toe te pas.

RAM 21 Maart – 20 April

Hoe meer jy ander probeer beheer, hoe droewiger gaan die naweek wees. Jy is gretig om jou idees op geliefdes af te dwing, maar dalk is hulle nie heeltemal oortuig van wat jy sê nie?

BUL 21 April – 21 Mei

Dis ’n goeie tyd om jou toekomsdoelwitte te formuleer en enige beplande reise vas te maak. Klop aan by jou internasionale kontakte om jou op die hoogte te hou van aktuele sake.

TWEELING 22 Mei -21 Junie

Die Maan is in Steenbok en jy kan baie leer by dié pligsgetroue teken. Soos om minder te klets en produktiewer te wees. Hierdie naweek is die beste plan van aksie om deeglik te wees.

KREEF 22 Junie – 23 Julie

Jy wil graag jou geliefdes wys hoeveel jy omgee. Vermy dit egter om oorbeskermend te wees. Alle verhoudings kort ruimte en daar is ’n groot verskil tussen liefdevol wees en iemand versmoor.

LEEU 24 Julie – 23 Aug

Hegte verhoudings lyk ’n bietjie moeilik omdat jy sê wat jy dink – en dan terugstaan en kyk hoe die vonke spat. ’n Bietjie minder “eerlikheid” en meer takt sal sorg vir ’n minder dramatiese naweek.

MAAGD 24 Aug – 23 Sep

Voeg ’n tikkie verskeidenheid by jou gewone roetine hierdie naweek. As jy ’n voortslepende probleem het wat jou laat kopkrap, probeer ’n heel ander benadering. Gebruik jou verbeelding.

WEEGSKAAL 24 Sep – 23 Okt

Dis tyd om jou nessie te skrop en te koester – jy is omtrent besig om jou huis skoon en mooi te maak. As jou huislike omgewing uitgesorteer is, kan jy verhoudingsake beter hanteer.

SKERPIOEN 24 Okt – 22 Nov

Die sterre beklemtoon magskwessies, so jy moet jou Skerpioen-agtige greep op iets – of iemand – laat vaar. As jy alles om jou probeer beheer, gaan dit sorg vir ’n stresvolle naweek.

BOOGSKUTTER 23 Nov – 21 Des

Jy is uiters nuuskierig en hierdie naweek lus vir reis of om iets nuuts aan te leer. Jy moet egter die drang weerstaan om geld te verkwis en roekeloos met krediet om te gaan.

STEENBOK 22 Des – 20 Jan

Met die Maan en Venus in jou teken kan jy die gawe en sorgsame Steenbok in jou na vore laat kom. Jou leuse vir die oomblik kom van die legendariese Charles Dickens, wat op 7 Februarie 1812 gebore is: “’n Liefdevolle hart is die opregste vorm van wysheid.”

WATERDRAER 21 Jan – 19 Feb

Jy is lus om ’n paar dinge deurmekaar te krap noudat Uranus aan jou teenstrydige kant is. Bring gehaltetyd alleen deur sodat jy kan afkoel en herbesin.

VISSE 20 Feb – 20 Maart

Die klem verskuif weg van jou en val op die groep. Hoe kan jy bydra tot jou plaaslike gemeenskap en diegene om jou ondersteun? Een van jou talente is om ander te help, so moet dit nie vermors nie.