SATERDAG

JOU DAG

Gaan besonderhede vandag noukeurig en versigtig na.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is prettig om by jou te wees en jy beskik oor ’n vrugbare verbeelding. Besluit om die volgende 12 maande emosioneel oop te maak en jou ware gevoelens uit te druk.

SONDAG

JOU DAG

Moenie te haastig wees wat verhoudings betref nie!

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak oor die volgende 12 maande seker jy gee uitdrukking aan jou kreatiewe talente. Hoe meer jy jou onderskeidende persoonlike styl ontwikkel, hoe gelukkiger gaan jy wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die naweek se sterre moedig impulsiwiteit ten opsigte van romantiese verhoudings aan. Sommige enkellopendes gaan skielik verlief raak, terwyl Ramme wat in ’n verhouding is, ’n tydelike ruskans kan neem van ’n wisselvallige vennootskap.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dis hoog tyd om met ’n lekker stokperdjie te begin, aan ’n nuwe sportsoort deel te neem of ’n kreatiewe talent tot jou repertoire toe te voeg. Jy behaal sukses deur met ander mense te gesels en saam te werk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verhoudings en verantwoordelikheid gaan tans hand aan hand. Geliefdes gaan nie beïndruk wees as jy probeer om jou uit verpligtings los te wikkel nie. Streef daarna om meer konsensieus en diplomaties te wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Voel jy in ’n groef wat jou gesondheid, werk of daaglikse roetine betref? As jy ’n algeheel nuwe benadering beproef, sal dit jou in ’n opwindende – en meer proaktiewe – nuwe rigting stuur.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Saturnus beweeg steeds in trurat deur jou romanse- en vriendskapsone, dus kan ’n intieme verhouding frustrerend en problematies wees. Moet geen groot besluite neem voor 13 Augustus nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Hoe meer proaktief en diplomaties jy is – veral wat gesinsake betref – hoe beter gaan die naweek wees. Mars is in jou tuissone, dus moet jy moue oprol en ’n paar huistakies afhandel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moet jy ’n besluit neem oor ’n probleem wat opgelos moet word? Die sterre moedig jou aan om na binne te kyk ten einde die antwoorde te vind waarna jy soek.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou houding gaan bepaal hoe die naweek gaan verloop. As jy die pas markeer, kan jy berge versit. As jy jou egter te veel haas, gaan jy impulsiewe skuiwe en oorhaastige foute maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Professionele vriendskappe word bevoordeel, dus is dit ’n goeie tyd om weer met ’n ou kollega kontak te maak. Put ook uit jou kunstige sy, terwyl jy terugkeer na die spontane, kreatiewe kind in jou binneste.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie ’n eensame werker wees nie. ’n Vriend of kollega by die werk kan jou bystaan op ’n wyse wat jy nie verwag het nie. Bly oopkop, aangesien jy besef hulp is uit ’n groot verskeidenheid van bronne beskikbaar.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers, indien jou verhouding ietwat gespanne is, hou op kla en doen iets positiefs om dit reg te stel. Enkellopendes, as jy liefde soek, moet jy proaktief wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie aanneem jy weet wat ’n geliefde dink nie – jy kan die bal heeltemal misslaan. Vra om helderheid voor jy ’n plan van aksie voorstel wat hulle miskien nie gaan waardeer nie.