SATERDAG

JOU DAG

Die Maan is in die Steenbok, so gebruik die aardse energie om te beplan en te prioritiseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vasberade en fier. Die volgende 12 maande is die tyd om te werk aan die verbetering van jou kommunikasievermoëns. Dan gaan jy werklik hoë hoogtes bereik.


SONDAG

JOU DAG

Duidelike kommunikasie gaan jou help om deur die meeste van vandag se chaos te kom.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is romanties en altyd gretig vir opwindende nuwe ervarings. Maar moenie voel dat jy alles self moet behartig nie. Leer om na ander mense uit te reik.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit gaan van jou houding afhang hoe die naweek gaan vorder. As jy jou spoed aanpas, kan jy berge versit. As jy egter te haastig raak, gaan jy net impulsiewe skuiwe en oorhaastige foute maak.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Besitlike gedrag is op die naweek se spyskaart ... tensy jy jou jaloerse sy in toom kan hou. Onthou net daar is volop liefde beskikbaar vir almal. Vertrou dus jou instink en deel die toegeneentheid met andere.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Alles is nie soos dit op die oog af lyk wat ’n huidige probleem of misverstand betref nie! Daar gaan veel meer aan onder die oppervlak as wat die oog kan sien, so maak seker dat jy kwessies deeglik ondersoek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dinge kan hierdie naweek baie gespanne en ingewikkeld raak, terwyl die Maan en Pluto saamspan in jou verhoudingsone. Maak dus seker dat jy alle vorms van intieme kommunikasie nagaan en weer ’n slag nagaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kwessies by die werk kan hierdie naweek baie heftig raak, terwyl die Maan en Pluto in jou daaglikse roetinesone verbind. Koel dus af, Katte, voordat jy kop verloor en dinge uit verband ruk!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy sal hierdie naweek ekstra taktvol met ’n temperamentele kind, tiener of intieme vriend te werk moet gaan. Anders kan daar chaotiese kommunikasie ontstaan, aangesien julle mekaar se woorde en bedoelings verkeerd verstaan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie jou kop onder die grond indruk oor ’n gesinskwessie nie. As jy dit vermy gaan dinge net op die lange duur vererger. Strewe dus daarna om proaktief te wees, terwyl jy tot die kern van ’n voortdurende probleem derdring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Sommige mense gaan hierdie naweek jou emosionele knoppies druk. Weerstaan egter die versoeking om terug te kap met nukkerige buie of manipulerende optrede. Plaas die situasie in perspektief en beweeg dan aan.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Hierdie naweek fokus die sterre op finansies, so dit is ’n goeie idee om die huishouding se begroting na te gaan. Jy het nie een nie? Nou is die tyd om een te begin, terwyl jy werk maak daarvan om ’n paar geldspiere te ontwikkel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Baie Steenbokke gaan wegsink in kompulsiewe modus, terwyl die Maan en Pluto saamtrek in jou teken. Zero gerus in op wat gedoen moet word, maar moenie jou sin vir perspektief in die proses verloor nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

As jy hierdie naweek gestres voel, ontspan en wentel af met ’n bietjie meditasie, nabetragting, joga, musiek, lees of lang wandelings in die natuur. Wat ookal sal help om jou te kalmeer en jou aandag af te lei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n groep, klub of organisasie waarby jy betrokke is, betref, kan dinge ingewikkeld of verwarrend raak terwyl die planetêre patrone emosies versterk en onopgeloste sake ophaal.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.