Hier is wat jou sterre die naweek voorspel met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Dit tyd om dinge los te skud!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om te leer. Jou stresvlakke kan die hoogte inskiet; dus moet jy probeer om in die komende jaar gereelde ontspanning deel van jou lewe te maak.

SONDAG

JOU DAG

Verwag ’n soort dag van stop/vertrek.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is stimulerend om in jou geselskap te wees. Jy behoort in 2017 meer bedag te wees op die behoeftes van jou gesin en intieme vriende.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Hierdie naweek se sterre gee jou onafhanklike Ram-streep ’n hupstoot en hulle vuur jou drang na vryheid en avontuur aan. Maar hulle roer ook jou bruuske en baasspelerige sy aan. Pasop dus, wêreld!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n intieme verhouding betref, is dit tyd om uit ’n vervelige groef te skiet en binne-in ’n opwindende nuwe wêreld te spring. Dis dus tyd om jou verbeelding te gebruik en vindingryk te dink.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verwag die onverwagte! Verbonde Tweelinge – doen iets ongewoon wilds saam met jou maat! Alleenlopende Tweelinge – ’n ou vriendskap kan skielik ’n verrassend romantiese wending neem.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie alte versigtig en gemaklik wees wat werk-, sake- of finansiële aangeleenthede betref nie. As jy huiwer, sal jy die gelukskote misloop wanneer hulle opdaag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Alle vorme van reis word bevoordeel terwyl jy jou gewone horisonne verbreed en dit op opwindende nuwe terreine waag. Studie, opleiding of sosiale netwerkvorming sal hierdie naweek jou wêreld verbreed.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moet jou nie blind staar teen hoe dinge in die verlede gedoen is nie. Jy moet uit jou gemaksone spring en in voeling kom met jou instinkte en gevoelens terwyl jy jou eie unieke paadjie baan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy wil graag oor ’n wye en eklektiese reeks aangeleenthede gesels. Enkellopendes – Kupido se pyl sal jou tref wanneer jy dit die minste verwag. Weegskale in ’n verhouding moenie jou maat as vanselfsprekend aanvaar nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie toelaat dat jy verveeld raak nie, Skerpioen. ’n Vreemde en vernuwende benadering sal glans en interessantheid aan jou naweek verleen. En maak seker jy kry oefening, verkieslik in die buitelug.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Venus besoek jou teken; dus is jy op jou beste wat geselligheid en sensualiteit betref, terwyl jy die sinikusse betower en die twyfelaars verbyster. Alleenlopers, soek liefde by iemand wat nie jou gewone tipe is nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die dinamiese koppeling Saterdag van Venus en Uranus is uitstekend om skeppende planne en projekte in dade om te sit, veral op die tuisfront, terwyl jy ’n gesinslid van nuuts af beskou.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Nuuskierige Waterdraers is in die bui om te studeer, leer, reis, ontdek en kommunikeer – veral via die sosiale media. Uranus moedig jou ook aan om avontuurlik te wees en jou drome na te jaag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie toelaat dat vae twyfel jou grond toe trek nie. Gebruik jou gesonde verstand en begin met ’n nuwe projek wat vir jou ’n positiewe nuwe rigting sal aandui. Moenie uitstel nie.

© Joanne Madeline Moore