SATERDAG

JOU DAG

Haastige woorde vandag kan lei tot berou later.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het twee duidelike kante: ’n sosiale openbare lewe en ’n heimlike innerlike lewe. Jy moet in 2016 meer balans en harmonie in jou lewe bring.

SONDAG

JOU DAG

Jy sal dalk vandag genoodsaak word om iets te doen wat jy nie graag wil doen nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moet jou nie so baie bekommer oor dit wat ander verkeerd doen nie. Al mens wat jy kan beheer, is jouself. Julie en Augustus is die mees romantiese maande van die jaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is ongeduldig om te sê wat op jou hart is. Maar woorde het die vermoë om seer te maak; dus moet jy sake goed deurdink voor jy iets sê, anders kan jy iets uiter waaroor jy later spyt is.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan aan die ontvangkant wees van ’n paar skerp woorde van ’n geliefde of ’n kollega. Moenie dit te persoonlik opneem nie. Aanvaar kritiek met grasie en gaan dan aan met jou lewe.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Saturnus druk jou om hard te werk aan intieme verhoudings en om verantwoordelikhede rakende verhoudings na te kom. Enkellopende Tweelinge – soek ewigdurende liefde met iemand wat emosioneel volwasse is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer gedissiplineerd jy oor liggaamlike en geestelike gesondheid is, hoe beter sal die res van 2016 wees. Gesonde kos, gereelde oefening en vervullende verhoudings is ’n goeie vertrekpunt.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Luister mooi, Leeus! Iets of iemand kan keer dat jy jouself uitdruk soos jy wil. Hoe meer jy teen die prikkels skop, des te moeiliker sal die naweek wees.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die klem val op familie en ’n geliefde kan hierdie naweek raad vra. Met die besige Mars wat tot in jou huishoudelike sone beweeg, is daar ook heelwat huislike take wat jy moet verrig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy sal graag saam met vriende en werkmaats wil kuier. Kreatiwiteit is ook in die kollig, maar jy moet aanpasbaar wees om te kan bybly by konstante verrassings en aanhoudende uitdagings.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie in ’n groef verval nie. Vars vriendskappe, groepsaktiwiteite en sosiale netwerke kan baie lonend wees. Maak dus seker jy hou die kommunikasiekanale oop.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Mars beweeg tot in jou teken, en dit sal jou ’n welkome energie-inspuiting gee. Die tyd is geleë om gemotiveerd te raak om iets te doen waarvoor jy ’n ware passie het.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Son en Saturnus vorm ’n moeilike hoek, wat jou perfeksionistiese sy asook jou ongelooflik intense aandag aan detail aanwakker. Onthou net niemand is volmaak nie . . . selfs nie jy nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Sondag sal jy lus voel om ’n opskudding te veroorsaak, aangesien jou rebelse Waterdraer-sy oorneem. Jy sal dit beslis nie waardeer as gesagsfigure jou vertel wat om te doen nie, maar is dit die verstandige uitweg?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg tot in jou teken; dus is dit die aangewese tyd om jou benadering tot ’n persoonlike probleem heeltemal te verander. Praat ’n sakie uit met ’n vriend of vriendin; dit sal jou ’n nuwe perspektief op ’n situasie gee.