SATERDAG

JOU DAG

Jou verhoudings word meer intens met Venus wat na die Skerpioenteken beweeg.

AS JY VANDAG VERJAAR

April en Julie sal romantiese maande wees met Venus wat deur jou verhoudingsone beweeg. Die omstandighede is ook goed vir kreatiewe projekte en gesamentlike ondernemings.

SONDAG

JOU DAG

Vandag het jy goeie sterre om kreatief, aktief en avontuurlik te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om die leier te wees en het hoogs ontwikkelde bestuursvaardighede. In 2016 moet jy ’n bietjie minder werk en heelwat meer ontspan.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is reg vir baie liefde, toegeneentheid, aksie en avontuur. Jy geniet dit om dinge saam met familie en vriende te doen – hopelik in ’n natuurlike omgewing.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus beweeg na jou verhoudingsone waar dit tot 30 Desember bly. Beplan iets ekstra romanties saam met jou maat. Enkellopends kan liefde soek by ’n opgewekte Weegskaal of sexy Skerpioen.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy reik uit na ’n wye groep vriende en kennisse. Jy geniet hul geselskap en ruil nuus en stories uit. Die omstandighede is ook goed vir netwerk en internethandel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou verhouding met ’n gesinslid begin verander, want jy begin hul ware beweegredes verstaan. Dis ’n wonderlike naweek om jou huis skoon te maak, op te ruim en mooi te maak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou huis is waar jou hart is! Gesinsake en tuisprojekte is die naweek belangrik met Venus wat na jou huissone beweeg. Met die regte houding sal jy bevredigende vordering maak.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Venus is tot 30 Desember in jou sone vir buurtsake. Hoekome reël jy nie ’n Kersparty vir jou vriende en bure nie? Jou motto is tans: dink globaal; tree plaaslik op.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie uitstel nie. Met magtige Mars wat tot 3 Januarie deur jou teken beweeg, moet jy probeer om met selfvertroue te kry wat jy wil hê. Dis tyd om te skitter!

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Met Venus wat tot 30 Desember deur jou teken beweeg is jy op jou bekoorlikste en sexyste. Enkellopendes, as jy iemand in die oog het, kan jy gereed maak om ’n skuif te maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Laat vriende en die internet jou op hoogte bring van oorsese invloede. Jy dink aan jou wense en toekomsdrome en beplan maniere om meer pret en vermaak in jou lewe te hê.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie aanvaar situasies is soos dit lyk nie. Daar is baie agter die skerms aan die gang. Moenie ingehok wees nie. Maak tyd om te oefen, sport te doen of neem ’n verfrissende wandeling.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die omstandighede is goed vir alle soorte aanlynaktiwiteite – van plaaslike vriendskappe tot internasionale handel. Moenie die heeltyd binne bly nie, want jy voel baie rusteloos.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Venus is tot 30 Desember in jou avontuur- en reissone. Beplan om sou gou moontlik vir die naweek weg te breek. Probeer intussen om jou kontakte uit te brei om nuwe, internasionale vriende te maak.