Hier is wat jou sterre vandag vir jou voorspel, deur Joanne Moore

pisces-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Venus beweeg tot 3 April agteruit deur die Bul-teken.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het baie om te bied, maar raak soms te veel vasgevang in jou eie privaat wêreld. 2017 is die jaar om minder selfbehep te wees terwyl jy na mense uitreik.

SONDAG

JOU DAG

Wees vandag ekstra versigtig hoe jy kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer ongeorganiseerd jy is, hoe meer stresvol gaan die jaar wees. ’n Gesonde dosis realisme sal jou gemotiveerd maak en in ’n positiewe nuwe rigting laat beweeg.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Venus beweeg die volgende maand agteruit deur jou teken. Jy kan dus verwag dat jou gewone selfvertroue gaan kwyn en jou liefdeslewe kan stagneer. Dit is ook nie ’n goeie tyd vir ’n radikaal nuwe haarsnit of klerekas nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bulle in ’n verhouding: Jou maat gaan hierdie naweek jou geduld toets. Enkellopendes: Die liefdesplaneet, Venus, beweeg die volgende paar weke agteruit; dus kan jy ’n paar romantiese terugslae in jou soeke na ’n maat verwag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus, die partytjieplaneet, beweeg ’n paar weke lank agteruit; dus sal jou sosiale kalender nie so vol soos gewoonlik wees nie. Jy sal sien dat klein, intieme byeenkomste verkieslik is bo groot en lawaaierige partytjies.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Venus, die liefdes-en-geldplaneet, skuif na trurat; dus moet jy die volgende paar weke nie ’n belangrike romantiese besluit neem nie – en ook nie duur artikels koop nie. Wees liewer geduldig en wag.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus, die plesierplaneet, beweeg die volgende paar weke agteruit deur jou reissone. Dit is dus nie ’n ideale tyd om met ’n droomvakansie te vertrek of op ’n plesiervaart te gaan nie. Indien jy dit wel doen, sal alles nie heeltemal so glad verloop nie!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie mense geld leen nie, want Venus beweeg die volgende paar weke agteruit deur jou sone wat verband hou met geld aan en van ander mense. Dis nie ’n goeie tyd om aansoek te doen om ’n persoonlike lening nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Venus is in trurat deur jou vennootskapsone; dus gaan dit baie moeilik wees om ander mense oor die volgende paar weke tevrede te stel. Enkellopende Weegskale, liefde is op die lange baan geskuif; wees dus geduldig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die volgende paar weke is nie die beste tyd om met ’n dieet te begin, by ’n gim aan te sluit of aansoek te doen om ’n nuwe werk nie. Die agteruitbewegende Venus gaan waarskynlik eerder jou planne fnuik; dus moet jy geduldig wees en wag tot ná middel April.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met dié dat Venus agteruitbeweeg, kan jy ’n paar romantiese struikelblokke oor die volgende paar weke verwag, Boogskutter. Verhoudings met ’n kind, tiener of goeie vriend kan ook effens wankelrig raak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan ’n bietjie gesinswrywing oor die volgende paar weke te wagte wees, want Venus, die vredesplaneet, beweeg agteruit deur jou tuistesone. Hoe meer diplomaties jy by die huis is, hoe beter gaan die eindresultate wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat die sosiale media betref, moet jy oor die volgende paar weke baie versigtig wees met wie jy kontak maak en wat jy stuur. ’n Potensiële romantiese maat of sakekennis kan op die ou end ’n regte niksnuts wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus begin agteruit deur jou geldsone beweeg; daarom is dit tyd om jou finansiële situasie te hersien. Met pynlike navorsing en ’n verantwoordelike houding, kan jy dinge geleidelik laat omkeer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017