SATERDAG

JOU DAG

Die sterre is gunstig vir jou om gesprekke te voer, vir ander om te gee en om skeppend te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het goeie waarnemingsvermoë. Wees minder gespanne in 2016. Moenie nee sê vir hulp van geliefdes as jy met iets wil voor kom nie.

SONDAG

JOU DAG

Soos die dag ontvou, word sake meer intens.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dis vir ander moeilik om jou energieke en selfversekerde gees te ignoreer. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer orde in jou rustelose wêreld te bewerkstellig.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy kreatief-wees en hulp aan ander balanseer, sal jou naweek stimulerend en bevredigend wees. Maak seker daar is tyd vir rus, ontspanning en om jou kragte te herwin.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is lus om die naweek saam met naby vriende tyd deur te bring en jy stel jou op ander se gevoelens in. Die omstandighede is goed vir groepsaktiwitete en jy kom in aanraking met kreatiewe mense wat soos jy dink.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer om so kreatief en deernisvol moontlik te wees as jy die naweek moet werk. Jy reik uit na ’n kollega wat ’n bietjie liefde en sorg nodig het.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is kreatief en deernisvol terwyl jy ’n vriend help of in voeling kom met jou muse. Party Krewe sal déjà vu ervaar wanneer hulle iemand spesiaals ontmoet of na ’n “nuwe” plek gaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal die naweek baie positief voel omdat die son jou selfvertroue stimuleer en Neptunus jou kreatiewer maak. Dis ook tyd om die inisiatief te neem wat emosionele kontak met ander betref.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Venus in jou teken is dit tyd om te skitter! As jy van bekommerd en gefrustreerd na wonderlik en fantasties kan beweeg, sal jou naweek aangenaam en produktief wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die fokus verskuif na sakekwessies. Liefde is in die lug vir Weegskale in ’n verhouding en jy doen iets spesiaals vir jou maat. Enkellopendes kan vir iemand met ’n geheimsinnige verlede val.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus is die naweek op kreatiwiteit en deernis en heerlike dagdrome voer jou weg na ’n fantasiewêreld. Volg jou intuïsie wat ’n kwessie met ’n kind of vriend betref.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy is slim, Boogskutter, en sal ’n kreatiewe oplossing vir ’n dringende probleem vind, maar wees versigtig en moenie vir ander sê jy is gereed en in staat om jou plan uit te voer nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dis ’n wonderlike naweek om ’n kreatiewe stuk aanlyn te deel, deernisvol met ander te praat of hand by te sit met ’n plaaslike gemeenskapsprojek. Jy het baie om te bied.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Ander sal die naweek jou pogings raaksien. Maak dus seker jy sorg vir ’n goeie vertoning. Het jy voortslepende geldprobleme? Span jou verbeelding in om kreatiewe maniere te kry om jou kontantvloei te verbeter.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Wat is jou toekomsdrome? Is jy ambisieus genoeg? Jy kan weer op jou doelwitte en drome fokus as jy dit op ’n kreatiewe manier kan visualiseer en saam met ander daaroor kan nadink.