Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre bevoordeel vandag positiewe emosionele kontak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om in die kollig te wees. Die volgende 12 maande is voorspoedig wat finansies betref – solank jy net jou geldsake verstandig bestuur.

SONDAG

JOU DAG

Maak seker jy gee vandag aandag aan die fynere detail.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy vaar goed in die materiële wêreld. Oor die volgende 12 maande moet jy meer tyd afstaan aan die ontdekking van jou geestelike sy en leer om jou intuïsie te vertrou.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy wil die wêreld aan die brand sosialiseer. ’n Vriend of familielid vertel jou iets vertrouliks, maar kan ’n impulsiewe Ram met ’n geheim vertrou word? Doen jou bes om taktvol te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy te oorversigtig? Mercurius en Jupiter moedig jou aan om die balans tussen voorbereidheid en spontaniteit reg te kry. Sluit ’n familielid of intieme vriend by jou planne in.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit voel dalk of ’n familieverhouding op ou spore loop, maar dit is presies wat nou nodig is. Met ’n positiewe ingesteldheid en goeie kommunikasie sal dit geleidelik verbeter.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Weerstaan die behoefte om oorsentimenteel te wees en in die verlede te leef. Spits jou op geldsake en besigheidsplanne toe. Skenk ook baie aandag aan die boodskappe in jou drome.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die sterre fokus behoorlik op finansies, dus is dit ’n gepaste tyd om jou huishoudelike begroting weer te balanseer. Het jy nie een nie? Dan is dit hoog tyd om met een te begin terwyl jy daaraan werk om jou geldspiere ’n bietjie te ontwikkel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jou vermoë om dinge gelyktydig baas te raak, sal hierdie naweek beproef word, terwyl jy take aanpak en sake om jou hanteer. Mercurius en Jupiter gee ook jou selfvertroue ’n welkome hupstootjie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Verwag die onverwagte met ’n geliefde of kollega wie se optrede jou ontstel. Moenie te gou tot ’n gevolgtrekking kom nie; daar is heelwat meer ter sprake as net wat die oog kan sien.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is op jou sosiale stukke terwyl jy gesels, meng en inskakel – persoonlik en aanlyn. Behou ook kontak met familielede wat ver woon en internasionale kontakte.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius en Jupiter verhoog jou professionele selfvertroue en help jou om ekstra optimisties te voel oor die toekoms. Jou internasionale kontakte sal jou beloon, solank jy geduldig bly.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kom uit die huis of kantoor en doen iets fisiek in die vars buitelug. Gaan stap, hardloop of ry fiets terwyl jy inskakel by die wêreld om jou. ’n Oorsese vriend is ook gereed om weer kontak te maak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Kyk mooi na jou finansies en soek maniere om met ander mense saam te span vir positiewe resultate. Die beste ding wat jy kan doen, is om na goeie raad te luister terwyl jy oorvloed bewerkstellig.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met Mercurius wat deur jou verhoudingsone beweeg, is dit die ideale tyd om met maats te praat oor hul behoeftes. Enkellopende Visse: Soek liefde by ’n liefdevolle Kreef of ’n deugsame Maagd.