SATERDAG

JOU DAG

Die Mercurius-Pluto-samesmelting moedig jou aan om diep en betekenisvol betrokke te raak by ’n spesiale persoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Uitgeslape en georganiseerd: jy hou daarvan om in te tree en beheer oor te neem oor situasies. 2016 is die jaar wanneer jy minder strategies en meer deursigtig moet wees.

SONDAG

JOU DAG

Romanse, kreatiwiteit en ontferming is vandag in die kollig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense bewonder jou vrygewige hart en digterlike siel. In 2016 moet jy intieme vriendskappe koester en vals vriende die rug toekeer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die versoeking om ’n weerbarstige Bul te wees, geliefdes in die harnas te jaag, of om dinge te sê wat ander onbedoeld kan seermaak. Woorde is kragte wapens, gebruik hulle dus wys hierdie naweek, Ram.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Enkellopende Bulle – is julle siek en sat daarvoor om alleen te wees? Met die dinamiese Mars wat tot 6 Maart deur jul metgeselsone storm, sal julle proaktief moet wees in die soeke na liefde.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Trek jou skaatse aan, Tweeling – dis ’n uitstekende naweek vir sport, inkopies en sosialisering. Maar dit sal ook intens wees, aangesien Mercurius en Pluto verborge verhoudingsprobleme aanstook.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Verhoudings gaan hierdie naweek intens en ingewikkeld raak, Krewe. Hoe meer jy ander probeer manipuleer, hoe moeiliker raak dinge. Ontspan dus ’n bietjie en dryf saam met die stroom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy is in ’n bui om spandabel te wees, jou oor te gee aan soetgoed of sensitiewe geheime uit te lap. Moet dit nie oordoen nie; probeer om deur die naweek te kom sonder te veel vergrype en onbesonnenhede.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met proaktiewe Mars wat deur jou buurtsone beweeg, is die tyd reg om meer dinge om die huis te doen en ook in jou plaaslike gemeenskap. Jy het ’n wye verskeidenheid Maagd-vaardighede om te deel!

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Hierdie naweek moedig die Venus-Neptunus-verbinding kreatiwiteitsvaardighede, snoesige samesyn en romantiese dagdromery aan. Dis ook tyd om tot die kern van ’n frustrerende familieprobleem deur te dring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mars is in jou teken, en dit moedig vinnige denke en ongewoon blitsige besluitneming aan. Maar jy kan ook hierdie naweek heeltemal behep raak met iets of iemand.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy kan onverskillig wees met kontant en krediet, en die obsessiewe aspekte van hierdie naweek moedig geriefs-inkopies en impulsiewe aankope aan. Moet dus nie op ’n inkopietog – in die winkels of aanlyn – gaan nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Met Venus in jou teken is jy op jou sjarmante Steenbok-beste. Soos die beroemde Albert Camus geskryf het: “Sjarme is die manier om die ja-antwoord te kry, sonder om enige duidelike vraag te vra.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die son sit skop in jou selfvertroue en charisma terwyl jy die beste haal uit gelukkige geleenthede wat oor jou pad kom. Maak net seker jy voer enige beloftes uit wat jy maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die huidige planetêre posisies verhoog jou behoefte om uitdagende doelwitte na te streef. En Mercurius en Pluto dring by jou aan om ekstra deeglik te wees terwyl jy planne en drome versigtig in dade omsit.