Hier is wat jou sterre die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre is vandag voordelig vir jou om proaktief en produktief te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het op die oomblik ’n oorvloed opwindende projekte wat jy met taamlik baie passie wil aanpak. Wees vanjaar sensitiewer teenoor familie en vriende.

SONDAG

JOU DAG

Doen jou bes om vandag kreatief en simpatiek te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die volgende 12 maande kom van die akteur Glenn Ford, wat op 1 Mei gebore is: “Wanneer hulle my probeer aanjaag, antwoord ek ek net een ander spoed het – en dit is ’n stadiger een.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy die balans tussen skeppend en georganiseerd wees kan regkry, sal jy ’n baie produktiewe naweek hê. Jy het op die oomblik heelwat verantwoordelikhede, maar dit is niks wat jy nie kan hanteer nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hierdie naweek kan wat jy wil hê verskil van wat jy nodig het. Benut gekonsentreerde energie om jou doelwitte en toekomsdrome uit te sorteer; eers dan sal jy vorder.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge in verhoudings se liefdeslewe lyk hierdie naweek vol probleme; wat jy wil hê klop nie met wat jy tot jou verhouding moet bydra nie. Enkellopendes moet pasop dat hulle nie verkeerde boodskappe uitstuur nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy hierdie naweek iets probeer bereik – of iemand probeer oortuig – probeer so reguit en eerlik moontlik te wees. Kortpaaie gaan jou nêrens bring nie, haastige Krewe!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die son/Neptunus-verbinding is uitstekend om jouself op kreatiewe manier uit te druk. As ’n kollega deur ’n donker tyd gaan, maak tyd om met goedhartigheid en simpatie na sy bekommernisse te luister.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy wil die naweek jou moue oprol en hard werk. Moet egter nie te veel druk op jouself – of ander – plaas nie. Onthou: Perfeksie is ’n doelwit; nie ’n eindbestemming nie.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is meesterlike diplomate met die vermoë om ander te kalmeer. Jy gaan die naweek oortyd moet werk om ’n bekommerde familielid of ’n brose vriend gerus te stel.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Saterdag is fantasties vir allerlei gemeenskapsaktiwiteite, maar moenie Sondag dinge goedsmoeds aanvaar nie. Doen jou huiswerk en gaan die feite na voor jy glo wat ander jou vertel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters het van nature ’n begrip van ’n wye reeks onderwerpe, maar dié naweek moet jy op belangrike besonderhede konsentreer terwyl jy sake dieper en met groter fokus ondersoek.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Besigheidstransaksies trek voordeel, maar maak seker jy doen jou huiswerk deeglik en dat jy eers al die fyn skrif lees. Of jy nou tuis of by die werk is, sit tyd opsy om Saterdag te sosialiseer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die maan is Saterdag in jou teken, wat goeie dinge inhou vir die dag se aktiwiteite. Jy voel optimisties en vrygewig, maar moenie meer belowe as wat jy kan lewer nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Maak seker jy omring jouself met positiewe mense – veral op Sondag – aangesien jy hul gevoelens en buie soos ’n spons sal opsuig. Doen ook jou bes om feite en fiksie van mekaar te onderskei.