SATERDAG

JOU DAG

Daar is geen verskoning vir oningeligtheid nie; kennis is mag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is sekerlik ’n talentvolle, veelsydige mens. Moet egter nie so baie projekte gelyk aanpak dat jy op die ou end ’n man van 12 ambagte en 13 ongelukke raak nie.

SONDAG

JOU DAG

Samewerking en konsultasie gaan jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature krities en jou waarnemingsvermoëns beïndruk. Ontspan die volgende 12 maande gereeld om jou intense aard te laat bedaar.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie oorhaastig gevolgtrekkings maak – of ander mense die skuld gee – wanneer dinge skeefloop nie. Hoe meer diplomaties jy is, hoe beter sal die naweek uitdraai.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die naweek se sterre is gunstig vir liefde, vriendskap, romanse, sportaktiwiteite en opgeruimde geselskap. Maar met Pluto wat emosies versterk, gaan alles nie heeltyd glad verloop nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kameraad- en geselskap word uitgelig terwyl jy pret het saam met geliefdes en goeie tye geniet. Jy is lus vir fliek kyk, ’n musiekkonsert bywoon of ’n kunsgalery besoek.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus stabiliseer jou intense emosies en kalmeer jou hierdie naweek, maar net ’n bietjie. Wat ’n ingewikkelde familiekwessie betref: Moenie haastig raak nie. Doen een logiese stap op ’n slag.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n wonderlike naweek om jou sosialemediaprofiel by te werk terwyl jy opwindende nuwe projekte uitlig en voordelige nuwe kontakte raakloop. Is daar ook ’n familielid met wie jy regtig weer moet kontak maak?

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Geldsake word bevoordeel, veral as jy tyd maak om ’n besigheidsprojek of finansiële voorstel behoorlik na te vors. Moenie kitsresultate verwag nie, Maagd. Jy moet geduldig wees.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Het ’n intieme persoonlike verhouding onlangs deur ’n moeilike tyd gegaan? Venus help jou om ou wonde met meegevoel en takt te genees. Moenie die geleentheid laat verbyglip nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie swig voor die versoeking om geld te verkwis nie. Hoe meer gedissiplineerd jy met kontant en krediet te werk gaan, hoe beter. Baie Skerpioene wil hul voorsate navors en hul stamboom saamstel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Groepaktiwiteite en sosiale netwerke word bevoordeel met lewenslustige Venus wat jou sosiale sy opkikker. Moenie impulsief raak met ’n werkaangeleentheid wat heelwat geduld verg nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke staan baie tyd daaraan af om mense en situasies te probeer beheer. Dit kan baie uitputtend wees. Jy sal hierdie naweek ontdek ’n positiewe benadering – en heelwat sjarme – is al wat jy kort om ander aan jou kant te kry.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy buigbaar is en nie aanneem jy ken al die antwoorde nie, sal aangename en produktiewe verhoudings met ander volg. Maak egter dubbeld seker van alles rakende ’n gesamentlike finansiële ooreenkoms.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat intieme verhoudings betref, is dit ’n naweek om jou seëninge te tel terwyl jy die soliede ondersteuning om jou absorbeer. As jy alleen voel, reik uit na iemand spesiaals.