SATERDAG
JOU DAG
Die sterre lyk gunstig vir skeppende idees en onkonvensionele vriende.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy sit met ’n magdom projekte wat jy met aansienlike selfvertroue najaag. Vanjaar moet jy tuis, by die skool en by die werk meer raadgewend te wees.


SONDAG
JOU DAG
Samewerking en konsultasie sal jou vandag ver bring.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy behou ’n goeie balans tussen intellek en intuïsie. In die komende jaar moet jy daarna streef om minder te stres en heelwat meer te ontspan.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Die naweek se sterre plaas verhoudings, gesamentlike ondernemings, sosialisering en pret saam met vriende in die kollig. Hoe meer tyd jy saam met kollegas, kopers of kliënte deurbring, hoe meer sukses sal jy behaal.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Saketransaksies en geldsake lyk goed. Maak seker jy kry die balans reg tussen deeglik en spontaan wees. Dié naweek is dit ’n geval van vroeg begin, half gewin.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Die son en Jupiter stimuleer jou teken en dit beteken goeie dinge vir die meeste van die naweek se aktiwiteite. Jy voel optimisties en vrygewig, maar moenie meer beloof as wat jy kan lewer nie.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
As jy iets probeer bereik – of iemand probeer oortuig – streef daarna om so direk, eerlik en geesdriftig moontlik te wees. Dit gaan jou nie help om dinge te systap nie.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Dit is ’n wonderlike naweek om golwe in die sosiale media te veroorsaak. Kanaliseer jou vurige en kreatiewe energie na jou doelwitte en toekomsdrome. Dan sal jy werklik hoogtes bereik.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
As jy die balans regkry tussen skeppend en goed georganiseerd wees, sal jy ’n bevredigende naweek ervaar. Jy het tans baie verantwoordelikhede, maar niks wat jy nie kan hanteer nie.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Oorlegpleging met ander mense lyk dié naweek gunstig. Deur inligting te deel – en aanpasbaar te wees by skielike veranderings – sal jy in die volgende paar weke in ’n positiewe posisie geplaas word.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Streef daarna om die naweek kommunikasie aan die vloei te hou met familie en vriende. Jy kan drama langs die pad verwag, maar ’n buigsame en prettige houding sal jou help om veranderende omstandighede te hanteer.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Ander mense kyk na jou vir vars idees en kreatiewe inspirasie. Dit is tyd vir avontuurlike Boogskutters om leiding te neem. Jou liefdeslewe is vurig en ingewikkeld, maar dit is presies hoe jy dit verkies.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Verhoudings met gesinslede behoort die naweek te verbeter. Venus kalmeer onstuimigheid, terwyl Uranus jou help om dinge uit ’n meer aanpasbare perspektief te beskou.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Jy is gretig om oor onkonvensionele onderwerpe te kommunikeer, terwyl jy idees uitruil met familie, vriende en kennisse, persoonlik en aanlyn. Sommige avontuurlike Waterdraers gaan spoedig verlief raak.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Hoe meer vrygewig jy teenoor gesinslede is, hoe beter sal die naweek raak. En hoe meer jy ander mense aanmoedig, hoe meer positief sal jy wees oor jou eie prestasies.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017