Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Die sterre is gunstig om jou gedagtes op ernstige onderwerpe te fokus.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is ’n uitstekende jaar om jou sterk punte te verheerlik en aandag aan jou swak punte te gee. Jy sal onstuitbaar wees.

SONDAG

JOU DAG

Strewe daarna om vandag emosioneel oop en geestelik buigsaam te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Mik daarna om ’n inspirerende leier te wees, eerder as eenvoudig baasspelerig. Kanaliseer jou energie na kreatiewe projekte deur die komende jaar.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit is ’n goeie naweek om met kollegas te sosialiseer. Moet egter nie ’n intieme vriend ontstel deur te reguit te wee nie. Mercurius en Venus moedig jou aan om meer diplomaties as gewoonlik te wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius beweeg nou deur jou opleidingsone. Jy is op jou feite-kry beste en vitterige swakste. Mik daarna om liewer die glas van die lewe as halfvol eerder as halfleeg te sien.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vennootskappe en gesamentlike finansiële ondernemings lyk die naweek gunstig, terwyl jy die talente en ervarings om jou absorbeer. As jy die kreatiwiteit van ander mense vertroetel, sal dit heelwat persoonlike voordele inhou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Intieme verhoudings is in die kollig. Moenie toelaat dat jou emosies jou lewe beheer nie, maar moet dit ook nie onderdruk nie. Balans is die wagwoord. Jy raak diepsinnig en verbeeldingryk met iemand spesiaal.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy soos ’n baasspelerige uitverkorene optree, sal dit jou nêrens bring nie aangesien jou onderdane opstandig is. Fisieke oefening sal jou help om op ’n positiewe wyse van oortollige energie ontslae te raak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy floreer daarop om selfstandig te wees, maar hoe meer jy met ander mense kommunikeer, hoe beter sal die naweek raak. Skakel in by al die kreatiewe talente om jou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius verbind met Venus en Pluto in jou verhoudingsone, dus is dit tyd om aan die gesels te raak met geliefdes. Jy kan ook gasheer speel vir vriende en familie wat van ver kom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius beweeg nou deur jou buurtsone. Dit is ’n goeie tyd om op ’n meer positiewe manier bydraes tot jou plaaslike gemeenskap te lewer. Opvoeding en sosiale media lyk gunstig.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Strewe vandag daarna om spontaan te wees eerder as roekeloos; en geesdriftig eerder as ongeduldig. ’n Vrygewige lid van die gesin wil jou graag help; moenie te trots wees om hulp te vra nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mercurius, Venus en Pluto storm deur jou teken, wat al jou positiewe en negatiewe eienskappe aanspoor. Kommunikasie en toegewings gaan jou verder bring as baasspelerigheid.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Hardloop jy die afgelope tyd rond soos ’n Waterdraer op steroïede? Met vier planete wat deur jou afsonderingsone beweeg, is dit tyd om hierdie naweek rustig te raak en tot insig te kom.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius, Venus en Pluto moedig jou aan om kreatiewe en uitdagende doelwitte vir die toekoms te stel. Moenie toelaat dat vrees vir mislukking jou daarvan weerhou om jou drome te bereik nie. Wie nie waag nie, wen nie.

© Joanne Madeline Moore