SATERDAG
JOU DAG

Gaan vandag besonderhede versigtig en deeglik na.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie oplettend en lojaal. Die volgende 12 maande is die tyd om emosioneel oop te maak en jou ware gevoelens uit te laat.

SONDAG
JOU DAG

Wat verhoudings betref, moet jy nie te haastig raak nie!

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak oor die volgende 12 maande seker dat jy jou kreatiewe talente uitleef. Hoe meer jy jou eie styl ontwikkel, hoe gelukkiger sal jy wees.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Die naweeksterre moedig impulsiwiteit in romantiese verhoudings aan. Sommige enkellopendes gaan baie gou verlief raak. Verbonde Ramme gaan weer ’n tydelike wegkomkans van ’n problematiese verhouding geniet.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Dit is tyd om ’n genotvolle stokperdjie aan te pak, aan ’n nuwe sportsoort te begin deelneem of ’n verskuilde talent by jou Bul-beeld te voeg. Sukses word behaal deur gesprek en skepping saam met eendersdenkendes en sielsgenote.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Verhoudings en verantwoordelikhede loop tans hand aan hand. As jy jou uit verpligtings probeer wurm, gaan jou geliefdes nie baie beïndruk wees nie! Streef dus daarna om meer pligsgetrou en diplomaties te wees.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

As jy normaalweg nie juis met jou huidige of voormalige kollegas omgaan nie, is dit ’n wonderlike naweek om dit te begin doen. As jy jou gewone roetine effens deurmekaarkrap, sal jy in ’n opwindende nuwe rigting gestuur word.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Met Saturnus wat agteruit deur jou romantiese en vriendskapsone beweeg, raak ’n intieme verhouding skielik frustrerend en problematies. Stel dus eers die neem van enige groot besluite uit tot ná 25 Augustus.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Moenie ’n alleenloper te wees nie, Maagd. ’n Kollega of vriend kan jou help op maniere wat jy nie verwag het nie. Hou jou denke nugter en besef dat hulp uit ’n wye verskeidenheid van verrassende oorde kan kom.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Verwag hierdie naweek die onverwagte wanneer ’n geliefde of kollega op verrassende maniere optree. Moenie tot vinnige gevolgtrekkings kom nie, Weegskaal. Daar is baie meer aan die saak as hoe dit op die oog af lyk.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Voel dit asof jy vashaak wat gesondheid, werk of jou daaglikse roetine betref, Skerpioen? ’n Heeltemal nuwe benadering sal jou in ’n opwindende – en baie meer proaktiewe – nuwe rigting stuur.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Dit is ’n wonderlike naweek om ’n misverstand tussen jou en ’n kind, tiener, geliefde of vriend te lap. Maar moenie tot vinnige gevolgtrekkings kom nie. Gebruik jou tyd en kry eers al die tersaaklike feite agtermekaar.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Die huislike lewe lyk hierdie naweek lewendig wanneer ’n gesinslid jou onkant vang met ’n verrassende skuif. Onthou net, Steenbok . . . verandering is die enigste ding waarvan jy seker kan wees in die lewe!

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Verbonde Waterdraers – as jou verhouding ietwat onder stremming is, hou op kla en doen iets positiefs om dit reg te stel. Enkellopendes – as jy liefde soek, sal jy proaktief moet raak.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Moenie aanneem dat jy weet wat ’n geliefde bedoel nie. Jy kan heeltemal verkeerd wees. Vra dus om ’n bietjie duidelikheid voor jy tot ’n plan van aksie oorgaan wat dalk onvanpas is.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.