Hier is wat jou sterre voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Stadig nou. As jy oorhaastig raak, kan dit tot ’n rusie of ongeluk lei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Omdat jy op die sterretekens se dag van nuwe idees gebore is, is jy lief vir leer en studeer. In 2017 moet jy minder geheime hê, openliker wees en ander by jou wêreld intrek.

SONDAG

JOU DAG

Die nuwemaan is die ideale tyd om ’n nuwe blaadjie om te slaan en oor te begin.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dol daaroor om almal om jou te organiseer, maar moenie jouself in die proses agterlaat nie. In 2017 moet jy aanpas, leer ontspan en jou gedagtes ferm op die toekoms fokus.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Sondagnag se nuwemaan dui op ’n ommekeer wat gedeelde geldsake of ’n intieme verhouding betref. Die tyd is dus reg om positiewe veranderings aan die gang te kry en ander aan te spoor om dit ook te doen.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy vasgevang in ’n romantiese moeras, of het jou platoniese verhoudings vervelig geraak? Die nuwemaan en Saturnus moedig jou aan om jou verhoudings meer stabiel en opwindend te maak.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Bekyk jou gesondheid en fiksheid van nader; die nuwemaan aktiveer jou welsynsone. Dit is tyd om gesond eet en gereelde oefening ’n noodsaaklike deel van jou daaglikse roetine te maak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sterre beloof ’n tydperk van vertroeteling van ou vriendskappe en die vestiging van nuwes. Verbonde Krewe: Beplan iets romanties vir jou maat. Enkellopendes: Liefde en werk hou verband met mekaar, maar jy moet geduldig wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is jou tyd om te skyn! Jou gesinslewe lyk voortreflik. Die nuwemaan en Mercurius besoek jou huishoudelike sone en voorspel pret, leer en ’n vars begin.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Stoei jou besige gedagtes met ’n oordosis inligting? Probeer dié naweek jou gees “opruim” terwyl jy by nuwe denkpatrone aanpas en vars oplossings soek vir hardnekkige ou probleme.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Bly oopkop terwyl jy nuwe finansiële inligting absorbeer. Die nuwemaan beloof beter kontantvloei. Probeer om dit nie met ’n spandabel inkopietogte ongedaan te maak nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy is hierdie naweek op jou intuïtiewe en charismatiese beste omdat die nuwemaan en Mercurius jou teken helder verlig. As jy op kreatiewe maniere met ander kommunikeer, gaan jy vordering maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is gesellige mense wat lief is vir partytjies. Die nuwemaan val egter in jou privaatheidsone, so probeer hierdie naweek heerlike alleentyd geniet terwyl jy ontspan en van binne af hernu.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Met die nuwemaan en Mercurius wat jou verwagting- en versugtingsone besoek, moet jy streef om kreatiewer te wees wat jou strewes betref. Weerstaan ook die behoefte om jou aan negatiewe selfpraatjies oor te gee.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die nuwemaan stimuleer jou beroepsone. Dit is dus tyd om werkgeleenthede te skep en jou loopbaanpotensiaal tot die maksimum te vergroot. As jy egter begin jaag, sal jy ’n projek moet laat vaar en van voor af moet begin.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Maak jou reg vir ’n wonderlike naweek. Kreatiwiteit en ’n gevoel van verwondering is op ’n hoogtepunt terwyl jy ’n groot avontuur aanpak. Doen ook jou bes om vriendelik met en simpatiek te wees teenoor iemand wat hulp nodig het.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2016