SATERDAG

JOU DAG

Probeer vriendelik, kreatief en deernisvol wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jupiter sorg tot September 2016 vir avontuurlike loopbaanskuiwe en goeie omstandighede vir professionele projekte. Benut die goeie sterre ten volle!

SONDAG

JOU DAG

Sake word deur die dag meer deurmekaar en verwarrend.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die mag om ander positief of negatief te beïnvloed. Probeer om jou invloed so voordelig moontlik te hou.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jou verstand sê vir jou jy moet skouer aan die wiel sit en werk inhaal, maar jou hart verlang na ontvlugting in heerlike dagdrome. Onthou, jou eerste idee is nie noodwendig die beste een nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis tyd om jou Bul-talente in jou buurt in te span. Die naweek se sterre is fantasties vir kommunikasie met mense in jou gemeenskap wat soos jy dink.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy dink jy weet hoe ’n geliefde voel, maar misgis jou dalk. Moenie alles glo wat jy die naweek hoor nie. Iemand spin dalk vir jou stories.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou emosies ry wipplank. ’n Kollega of geliefde laat jou dalk in die steek, maar moenie hulle te veel blameer nie. Hulle het baie hooi op hul vurk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy die naweek te veel aanpak, sal jy gespanne en knorrig voel. Jy is nie onmisbaar nie en het ook nie al die antwoorde nie! Vat dit stadig, prioritiseer en leer om nee te sê.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Net wanneer jy dink jy weet hoe ’n geliefde se kop werk, doen hulle iets wat jou heeltemal verwar. Probeer minder krities en meer deernisvol wees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Benut die energie van magtige Mars wat deur jou teken beweeg. Wees proaktief, begin projekte en werk met baie passie, doelgerigtheid en volharding daaraan.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die Skerpioen kan koppig en ongelooflik weerbarstig wees. Die naweek se sterre help jou om meer oop vir veranderende omstandighede te wees. Begin sommer nou oefen om aanpasbaar te wees!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het groot planne en selfs groter drome en praat met selfvertroue en entoesiasme daaroor. Jou bedoelings is eerbaar, maar moenie meer beloof as wat jy kan doen nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jou lewe is rof en jy probeer om die huis en werk met hope selfvertroue te balanseer. As jy nie dink voor jy praat nie, sal jy ’n gesinslid wat anders as jy dink maklik ontstel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Maak seker jy gun ’n naby vriend die naweek genoeg vryheid. Jy wil hulle graag help om sake uit te sorteer, maar hulle moet self uitwerk hoe hulle dit gaan doen – en hul eie foute begaan.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan probleme met kommunikasie verwag, veral as jou onvoorspelbare emosies jou rasionele denke oorweldig. Vind ’n balans tussen intuïsie en intellek.