Hier is wat jou sterre vir die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Volgens die sterre sal jy op praktiese maniere kreatief raak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou ongeduld kan jou in die moeilikheid laat beland. Pak vanjaar opwindende projekte tuis en in die gemeenskap aan.

SONDAG

JOU DAG

Streef daarna om aanpasbaar, eerder as bloot rusteloos, te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy skerm nie weg van konfrontasie nie. Leer oor die volgende jaar onderskeid tref tussen die goed wat jou kan beïnvloed en die goed wat nie kan nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kry alledaagse, praktiese take Saterdag uit die weg, want Sondag sal jy ál meer rusteloos voel. Spits jou energie op ’n opwindende projek toe.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Wat ’n persoonlike projek of intieme verhouding betref, is dit een tree vorentoe en twee treë terug. Die beste manier om die situasie te hanteer, is met geduld, volharding en ’n goeie humorsin.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met die Son en Venus wat jou teken besoek, sal ’n bietjie sjarme jou ver bring. Fokus daarop om pret te hê, maar maak seker jy bring jou kant wat huishoudelike take betref.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Maak dit hierdie naweek ’n prioriteit om na jouself om te sien deur ’n bietjie gepamperlang te word en tyd alleen deur te bring. Afsondering is jou sielskos.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die huidige planetêre patrone verhoog jou hardkoppigheid. As jy slim is, sal jy ’n meer ontspanne benadering probeer terwyl jy op die fyner punte van ’n ingewikkelde situasie inskakel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie hierdie naweek te veel ontspan nie. Jou werksone is geaktiveer, dus moet jy solank ’n voorsprong kry deur die komende week vroegtydig goed te beplan. Vroeg begin is immers half gewin.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy probleme ondervind moet jy nie aanneem ander mense gaan hierdie naweek aangehardloop kom om jou te red nie. Dit is tyd om onafhanklik te wees, aangesien Uranus jou aanmoedig om op jou eie voete te staan.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie toelaat dat die vrees om te min hulpbronne te hê, jou daarvan weerhou om iets te doen wat jy graag wil nie. ’n Gedissiplineerde benadering help om die finansiële prentjie te transformeer, maar dit gaan heelwat geduld kos.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

As jy georganiseerd is en gefokus bly, kan jy berge versit en onafgehandelde sake inhaal. Indien nie, gaan jy net die naweek om droom. Fokus op die werklikheid.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Kind, tiener of vriend sal jou beperkte geduld hierdie naweek beproef. Weerstaan die drang om die eerste ding wat by jou opkom, uit te blaker – dit gaan nie die situasie help nie. Dink voor jy praat.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Saterdag voel jy rusteloos wanneer die Waterdraer-maan met jou beskermheerplaneet, Uranus, kragte saamsnoer. Weerstaan die drang om jou energie oral te verkwis. Fokus op wat werklik belangrik is.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Het jy sit en sloer? Hoop die rekenings op en is jou e-pos-lêer oorvol? Dit is ’n gunstige naweek om kommunikasie en finansiële papierwerk af te handel.