SATERDAG

JOU DAG

Verbeeldingryke, vernuwende denke sal jou vandag ver bring.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou slagspreuk vir 2016 kom van die beroemde Elizabeth Taylor: “Gee. Onthou altyd om te gee. Dit is wat jou sal laat groei.”

SONDAG

JOU DAG

Vandag gaan alles oor kreatiwiteit, goedhartigheid en deernis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is vol lewensdrif. Moet jou egter nie in 2016 afsonder nie; maak seker jy betrek geliefdes by jou toekomsplanne en -drome.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy die balans kan vind tussen voorbereid en spontaan wees, gaan jy ’n wonderlike naweek hê. Wat fiksheid betref, moet jy ruimte laat vir ’n groot verskeidenheid in jou oefenroetine.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Neem die gevolge van dit wat jy hierdie naweek sê in ag. As jy tyd afstaan om duidelik met ander te kommunikeer en na hul bekommernisse te luister, gaan jy die vrugte pluk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Maak jou gereed vir ? wonderlike naweek! Positiewe Mercurius/Uranus-aspekte plaas jou in ’n bui vir pret, vermaak, sport en avontuur, en ook om kontak te maak met plaaslike en oorsese vriende.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Positiewe kenmerke beloof ’n lekker naweek. Aktiwiteite word uitgelig wat kommunikasie, opleiding en reis insluit. Benut dus geleenthede wat na jou kant toe kom ten volle.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Oos wes, tuis bes, terwyl jy ’n konstante stroom versoeke van geliefdes ontvang. As jy geduldig is met ’n emosionele familielid, sal hy sy hart oopmaak en jou in sy vertroue neem.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Met Jupiter in jou teken, moet jy avontuurlustig wees. Jou huidige slagspreuk kom van die beroemde Elizabeth Taylor: “Daar is so baie deure om oop te maak, en ek is nie bang om agter elkeen van hulle te gaan kyk nie.”

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy is gretig vir inkopies doen, sosialisering en genotvolle tye hierdie naweek. Jy wil-wil vermy om ’n belangrike besluit te neem en talm op die kantlyn.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Aanvaar hierdie naweek huishoudelike pligte met ’n huppel in jou stap. ’n Geliefde mag hom dalk na jou wend vir insiggewende woorde van wysheid. As jy ag slaan op jou voorgevoel, sal jy weet wat om te sê.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Baie wysgere het ’n sesde sintuig. Die tyd is reg om jou intuïtiewe instinkte te volg, veral wat familie en vriende betref. Hoe meer jy jou intuïsie gebruik, hoe meer sukses sal jy behaal.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie hierdie naweek ’n alleenloper wees nie. Spanpogings word bevoordeel terwyl jy met idees vorendag kom en jou talente inspan om iets spesiaals te skep. Die krag van die groep is aan jou kant.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die vooruitsigte van hierdie naweek is perfek om verrassende professionele vordering te maak. Moet egter nie volmaakte resultate verwag nie – soms kan morsige foute jou in fantastiese nuwe rigtings stuur.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is nou ’n goeie tyd om jou idees en aspirasies te deel met vriende wat ver is. Hoe openliker jy teenoor hulle is en oor jou ervarings praat, hoe meer bevredigend sal jou verhoudings wees.