Hier is wat jou sterre die naweek voorspel. Met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Die positiewe Venus/Jupiter-aspek sal ’n verhoudingskwessie help oplos.

AS JY VANDAG VERJAAR

Gedurende die volgende 12 maande kan jy wonderlik vorder en baie dinge regkry. Jy moet egter leer om te ontspan en daarna streef om jou voete plat op die aarde te hou.

SONDAG

JOU DAG

Doen jou bes om geliefdes op liefdevolle en bedagsame maniere te vertroetel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die komende jaar kom van Florence Welch, wat op 28 Augustus verjaar: “Verwag baie van jouself en plaas ander tweede.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die positiewe sterpatrone is gunstig om tyd in die buitelug deur te bring terwyl jy pret het saam met jou lewensmaat, beste vriend/in of geliefkoosde viervoetige vriend. ’n Bietjie verkwikkende oefening is ook noodsaaklik.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Positiewe Venus/Jupiter-aspekte belowe ’n speelse naweek terwyl jy bande bou met kinders – of pret het met die kreatiewe kind in jou binneste. ’n Werkgeleentheid kom dalk via ’n familielid of vriend/in na jou kant toe.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit is ’n wonderlike naweek om pret hê en tuis te onthaal. ’n Familielid is dalk ook in staat om jou met ’n frustrerende finansiële probleem te help. Al wat jy hoef te doen, is om jou trots te sluk en hulp te vra.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Pluis jou emosies uit en dra jou gevoelens aan geliefdes oor. Hoe meer kontak jy met ander mense het, hoe beter gaan die naweek verloop.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Hoe meer jy sakeverhoudings vertroetel – selfs oor die naweek – hoe meer gaan jou loopbaan floreer. En hoe avontuurliker jy met jou strewes is, hoe suksesvoller gaan jy wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Venus en Jupiter verbind in Maagd, en dit gee jou selfvertroue hierdie naweek ’n welkome hupstoot. Met die krag van positiewe denke aan jou kant is dit dus die ideale tyd om ’n dapper skuif te maak.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jou heerser, Venus, span saam met Jupiter; daarom kan jy ’n wonderlike, sosiale naweek verwag. Dit is egter ook belangrik om pret en ligsinnigheid te balanseer met ’n bietjie alleentyd waar jy kan ontspan en herlaai.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die sterre moedig kontak met ander mense – veral kinders en vriende –op prettige en vermaaklike maniere aan. Weerstaan egter die behoefte om hulle te vertel wat om te doen. Hulle moet hul eie, unieke paadjie bewandel.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met Venus en Jupiter wat in jou beroepsone bymekaarkom, moet jy jou kreatiewe talente gebruik om in die professionele kollig te baai. Die ou spreekwoord “dis nie wat jy weet nie; dis wie jy ken” was nog nooit so waar nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie die stereotiepe Steenbok word wat net altyd werk en nooit speel nie. Die sterre moedig jou aan om ’n bietjie pret te hê terwyl jy sosialiseer, partytjie hou, reis of ontsnap na iets avontuurliks in die buitewêreld.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy spontaniteit met deeglikheid kan balanseer, gaan jy ’n puik naweek hê. ’n Intieme verhouding of gesamentlike sakeonderneming word veral begunstig terwyl jy groot dink en lewer.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer entoesiasme jy in die oplos van ’n vriendskapsprobleem stort, hoe beter gaan die naweek raak. Enkellopendes – julle gaan waarskynlik iemand van ’n ander land of kultuur ontmoet, moontlik tydens ’n reis.