SATERDAG
JOU DAG

Hou jou liggaam en verstand ekstrabesig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie in jouself gekeer, Maagd. In 2017 moet jy minder voorbehoude hê en heelwat meer by jou gesin en gemeenskap betrokke te raak.

SONDAG
JOU DAG

Sterre bevoordeel opvoeding, reis en sake.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jupiter en Saturnus gee in die komende jaar jou geldsake ’n welkome hupstoot. Maak seker jy benut die geleenthede wat opduik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan hierdie naweek die geleentheid kry om ander te lei en/of beïnvloed. Moet dit nie deur jou vingers laat glip nie. Mense verwag resultate; kom aan die gang en moenie teleurstel nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Vermy kitsoplossings. Jy sal sukses behaal as jy geduldig bly en al die nodige huiswerk en navorsing doen. Soek die feite wat onder die oppervlak versteek is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dit kan baie bevredigend wees as jy met ’n goeie doel hand bysit, maar maak seker jy begin op jou eie werf. As jy globaal dink en plaaslik optree, kan jy regtig ’n verskil maak.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Reik uit en help ander. Die gemeenskapskontakte wat jy nou koester, sal in die toekoms voordelig raak.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil kontakte opbou aangesien Jupiter en Saturnus jou buurt- en netwerksones uitsonder. Dit is dus ’n wonderlike naweek om idees aan jou vriendekring bekend te stel.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Jy wil jouself pamperlang en sosialiseer terwyl jy saamgesels en die klein luukshede in die lewe geniet. Dit is ook ’n wonderlike tyd om bande met lede van jou gesin te versterk.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Persoonlike projekte en sosiale netwerke word hierdie naweek uitgesonder terwyl jy jou kontakte uitbou om ’n nuwe aanlyn gehoor in te sluit. Reis- en studiegeleenthede skyn ook helderder op die horison.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Finansiële geluk skuil om die draai in ekstra besigheid, ’n nuwe werk, ’n bonus of ’n rojale geskenk. Gebruik jou aansienlike netwerkvaardighede om werk te skep. En moenie skaam wees om hulp te vra nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die Jupiter/Saturnus-verbintenis is uitstekend vir werk, studie, besigheid, reis en netwerk. Die geluksgodin is beslis aan jou kant terwyl jy positiewe veranderings aanbring en opwindende nuwe uitdagings aanvaar.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die geluksgodin mik in jou rigting, maar moet haar nie teleurstel deur ’n kommerkous te wees nie. Fantastiese geleenthede wag op jou. Gryp dit aan, anders gaan jy die kanse verspeel.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb. 

Die geluksgodin is aan jou kant. Vriendskappe word bevoordeel terwyl jy met goeie pelle kontak maak. Die naweek gaan op sy beste verloop as jy jou gelukskote met die mense om jou deel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte vennootskappe word hierdie naweek bevorder. Die planete verhoog optimisme en help jou om ’n wankelrige verhouding reg te ruk.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.