SATERDAG

JOU DAG

Moenie met mense en situasies haastig wees nie. Wees geduldig en neem klein treetjies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Daar is ’n fyn lyn tussen volharding en obsessie. Onthou net, volmaaktheid is ’n doelwit; nie ’n bestemming nie.

SONDAG

JOU DAG

Dis maansverduistering en die gemoedere loop hoog. Vat dinge stadig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Luister na ander se sienings. Die komende jaar sal vol dramatiese veranderinge wees – dit sal beslis nie vervelig word nie!

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Verwag dat die vonke gaan spat terwyl die maansverduistering jou verhoudings en jou haastige kant opwarm. Vat dinge stadig anders sal jy waarskynlik oorreageer en iets doen waaroor jy later spyt sal wees!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kan jy balans tussen selfversekerdheid en hulpvaardigheid kry? Dis tyd om te skryf, te verf, musiek te speel of met ander aktiwiteite besig te wees waarvoor jy jou ryk verbeelding kan inspan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar lê baie meer uitdagings voor wat ’n kind, tiener of vriend betref. ’n Droom wat jy al lank koester, slaan skielik ’n heel nuwe rigting in.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die maansverduistering aktiveer jou sone vir werk- en huishoudelike sake. Jy kan die naweek dus drama op professionele of persoonlike gebied verwag. Vermy negatiewe mense, want jy sal hul negatiwiteit soos ’n spons opsuig.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Kalmeer. As jy te haastig is, sal jy jou binnekort in ’n stryery bevind of ’n ongeluk hê. Vat dinge stadig en wees veral versigtig wanneer jy stap of ry – moenie dat enigiets jou aandag aflei nie!

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Dit sal jou die naweek teen die mure uitdryf as jy saam met onbetroubare mense moet wees. Probeer om jou te omring met mense wat vaste idees het oor waarheen hulle op pad is en wat praktiese bydraes kan maak.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Vrede, harmonie en geluk is die naweek ’n veraf droom terwyl die maansverduistering probleme in romantiese of platoniese verhoudings aanvuur. Verwag die onverwagte.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jou innerlike dryfkrag en verborge obsessies kan die naweek ooraktief wees omdat die maansverduistering jou onderbewussyn stimuleer. Probeer om perspektief te behou.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die maansverduistering val in jou dramasone – jy kan dus baie hoogte- en laagtepunte verwag, veral met kinders, tieners en vriende. Geduld is die sleutel hoewel dit nie een van jou deugde is nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Wees voorbereid op huishoudelike drama en familiefiasko’s met die maansverduistering in jou sone vir huishoudelike sake. Probeer om balans tussen jou persoonlike en professionele verantwoordelikhede te kry.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Reis en/of kommunikasie sal die naweek ingewikkeld wees omdat die maansverduistering jou meer impulsief maak en jy dinge makliker kan uitblaker – in persoon en aanlyn.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n nuwe siklus en ’n heel nuwe benadering is nodig. Kap die dooie hout uit en begin bou stewige fondasies deur ’n goeie boekhouer aan te stel of jou geldportefeulje noukeurig aan te pas.