SATERDAG

JOU DAG

Geestelike aktiwiteite neem vandag ’n opwindende, selfs elektriese wending.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die sleutel tot ’n suksesvolle jaar is om getrou te bly aan jouself. In 2017 moet jy jou intuïsie volg en nie bang wees om op te staan vir dit waarin jy glo nie.

SONDAG

JOU DAG

Vermy oorhaastigheid. Gebruik jou tyd om dinge goed te deurdink.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature baie impulsief. In 2017 sal Saturnus jou leer om die pas te markeer en projekte eers klaar te maak voordat jy die volgende groot taak aanpak.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Ramme voel hierdie naweek ietwat rusteloos, maar moenie oorhaastige gevolgtrekkings maak nie. Strewe ook daarna om jou humeur onder bedwang te hou, anders gaan die vonke spat wanneer daar wrywing is met geliefdes.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Dit lyk op die oog af asof jy te min geloof in jouself het, maar jy beskik oor ’n stil, innerlike selfvertroue en volharding wat uiteindelik na vore kom. Laat jou intuïsie jou in die regte rigting lei.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Berei jouself voor op ’n weerligstraaloomblik! Jy gaan dalk iets heeltemal onvanpas uitblaker. As jy dus uit die moeilikheid wil bly, sit ’n wag voor jou mond en dink dinge goed deur.

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Alle soorte professionele en persoonlike projekte word hierdie naweek bevoordeel terwyl jy moeilike uitdagings met inisiatief en volop selfvertroue aanpak. Moet net nie ’n buierige Kreef wees nie!

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Studie, sport en reis word almal hierdie naweek bevoordeel, Leeu. Jy is ook geestelik wakker en het die vermoë om vinnige besluite te neem. Weerstaan die versoeking om meer te belowe as wat jy in werklikheid kan lewer.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Pak geestelike take met ekstra energie en insig aan. Jy gaan kragdadig deur beplanning, studie of navorsingswerk storm. Moenie oorhaastig raak en kortpaaie kies nie, veral nie met gesinslede nie.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Die jolige Jupiter spring deur jou teken; dus is dit nou tyd om onbeskaamd vrypostig en ooroptimisties te raak. As jy nie vertroue het in jou eie Weegskaal-talente nie, hoekom sal enigiemand anders jou lof besing?

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

’n Ongewone finansiële of werksidee wat opduik, gaan moontlik Saterdag verrassend goeie resultate lewer. Pasop dat jy nie Sondag iets teenoor ’n gesinslid uitblaker waaroor jy dalk later spyt gaan wees nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Saterdag is gunstig vir skeppende denke en groeiende projekte. Vermy egter Sondag oorreaksies wanneer verborge wrokke tot skerp woorde, ’n impulsiewe boodskap of ’n sarkastiese e-pos kan lei.

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Spanning kan voorkom tussen verantwoordelikhede by jou werk, huishouding en in jou verhouding. Ou oplossings gaan nie hierdie naweek werk nie. Soek liewer innoverende strategieë wat die huidige situasie ’n bietjie verander.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Hierdie naweek gaan jy opgewonde en vol energie voel. Gebruik jou verstandelike vermoëns kommunikasievaardighede om ander mense te inspireer en projekte van stapel te stuur. Jou gesprekke ontwikkel ’n elektriese gevoel.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Moenie ’n sloerende Vis word nie! Die naweek se sterre moedig jou aan om vas te byt en ’n skeppende en opwindende besluit te neem, veral oor geldsake of jou professionele toekoms.

© Joanne Madeline Moore