Hier is wat jou sterre vir die naweek voorspel, met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Oppervlakkige praatjies is uit en diepsinnige gesprekke is in.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is op die diereriem se dag van integriteit gebore en dit maak jou verantwoordelik en trots. Vanjaar moet jy ’n belowende geleentheid raaksien en in ’n produktiewe projek omskep.

SONDAG

JOU DAG

Jy sal oplaas ’n geheim kan ontrafel of ’n raaisel oplos.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is realisties en selfversorgend en sal enigiets regkry waarop jy jou toespits. Onder die positiewe invloed van Jupiter is vanjaar gunstig vir werk, gesondheid en troeteldiere – skaf een aan as jy nie een het nie.

RAM, 21 Mrt.-21 Apr.

Jy kan take met heelwat passie en doelgerigtheid afhandel. As jy ’n vakansie beplan, moet jy nou ophou uitstel. Kry die reisbrosjures uit en begin om jou reisprogram uit te werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die fokus is op platoniese verhoudings. Jy help ’n goeie vriend of hernu bande met ’n vriend wat oorsee woon. Is daar dalk ’n manier waarop jy met jou kreatiewe idees in ’n groepsituasie ’n bydrae kan lewer?

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie passief wees nie. Wat jou toekomsdrome betref, moet jy seker maak presies wat jy wil hê en dit gaan soek. Om saam met ’n vriend of in ’n groep te werk, sal jou help om vinniger resultate te verkry.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit is ’n geskikte naweek vir herskepping en vernuwing. Jy smee noue bande met iemand spesiaals. Venus en Pluto help jou om die verlede agter te laat en ’n splinternuwe rigting in te slaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy iets belowe sonder om dit goed te deurdink, kan jy oorweldig raak deur beloftes wat jy nie kan nakom nie. Dit is belangrik om geesdrif met aksie te kombineer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Oppervlakkige gesprekke is uit. Jy sal saam met ’n geliefde diep delf en interessante inligting oor hulle bekom. Doen jou bes om ’n verhouding met ’n kind, tiener of vriend te verbeter.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie met gesinslede is belangrik. Venus en Pluto moedig jou aan om subtiel te wees, terwyl jy leidrade soek om te help verduidelik wat regtig met ’n geliefde aan die gang is.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jou speurvermoëns is aan die brand en jou arendsoog vind belangrike inligting uit. Dit is ’n goeie naweek om te studeer en iets na te vors; dit sal feite na vore bring wat voorheen onsigbaar was.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die maan besoek jou sielsektor; dit is dus tyd vir ’n bietjie nadenke. Dink na oor waarheen jy op pad is. Dalk is dit ook tyd om ’n lojale ou vriend op te soek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verwag die onverwagte van geliefdes. Intieme gesprekke word belig. As jy liefde soek, kyk in jou omgewing rond.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wees proaktief sonder om gesprekke aan te knoop. Jy het heelwat om by te dra – en heelwat om te leer. Duidelike kommunikasie sal jou ver bring as jy regtig luister na wat ander sê.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat geldsake betref sal jy dalk vinnig moet reageer hierdie naweek, anders gaan jy die bus verpas. ’n Los verhouding het die potensiaal om in iets diepers te ontwikkel.