aries-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Gesprekvoering, samewerking en konsultasie word vandag bevoordeel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is van nature energiek en dinamies. Maar jy sal moet leer ontspan. Hoe meer gestres jy is, hoe meer uitdagend gaan die jaar wees.

SONDAG

JOU DAG

Maak seker dat jy vandag die onderskeid tref tussen feite en fantasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou geboorte op die sterreteken se Dag van Integriteit maak jou intuïtief en verantwoordelik. Vanjaar is die jaar om ’n positiewe houding en ’n selfversorgende gees te handhaaf.

RAM, 21 Mrt – 20 Apr

Hierdie naweek se vonkelende sterre laai jou Ram-entoesiasme en spontaniteit meer as gewoonlik. Maak net seker dat jy enige beloftes of ondernemings deurvoer wat jy aan ander mense maak.

BUL, 21 Apr – 21 Mei

Jy het tans baie dinge op die hart en het dalk gehaltetyd alleen nodig om al die inligting te verwerk wat na jou kant toe kom. Met ’n bietjie diepe nadenke sal jy weet wat jou volgende stap moet wees.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun

Jou motto vir die naweek kom van jou bekende verjaardaggenoot, die feminisskryfster Gloria Steinem: “Sonder verbeeldingspronge of drome, verloor ons die opwinding van moontlikhede. Droom is tog ’n vorm van beplanning.”

KREEF, 22 Jun – 23 Jul

Alle oë is dié naweek op jou gerig terwyl die planete jou openbare profiel aanvuur. ’n Moeilike verhouding met ’n kollega kan ’n bietjie aandag ná ure verg. Julle het meer in gemeen as wat jy besef.

LEEU, 24 Jul – 23 Aug

Die planete aktiveer jou avontuursone. Begin dus solank beplan aan ’n opwindende reis. Dink aan ’n droombestemming, skryf dit neer en bespreek dan die opsies met geliefdes.

MAAGD, 24 Aug – 23 Sep

Wat ’n situasie met ’n gesinslid of intieme vriend betref, is dinge nie so eenvoudig soos dit voorkom nie. Maak dus seker jy kyk dieper sodat jy kan uitvind wat werklik aan die gang is.

WEEGSKAAL, 24 Sep – 23 Okt

Hierdie naweek gaan jou perfeksionistiese sy foute in ander mense se werk of gedrag uitwys. Maar is dit jou verantwoordelikheid om dit onder hul aandag te bring? Konsentreer liewer op jou eie planne.

SKERPIOEN, 24 Okt – 22 Nov

Hierdie naweek moet jy soveel moontlik inligting en wysheid van ’n leermeester of mentor opslurp as wat jy kan. Kommunikasie – persoonlik en in die sosiale media – sorg dat jy jou boodskap aan die wêreld daar buite uitdra.

BOOGSKUTTER, 23 Nov – 21 Des

Die sterre moedig jou aan om jou so kreatief as moontlik uit te druk. Of jy skryf, teken, skilder, toneelspeel, foto’s neem, musiek maak of sing, dit is tyd dat jy die betowerende inspirasie in jou vrylaat!

STEENBOK, 22 Des – 20 Jan

Jy is in die bui om gesinslede te motiveer en inspireer terwyl jy jou gevoelens met entoesiasme benadruk. Jy moet seker maak dat hulle verstaan wat jy eintlik probeer sê.

WATERDRAER, 21 Jan – 19 Feb

Die maan beweeg tot in die Visse-teken en jy het heelwat by jou buursterreteken te leer – byvoorbeeld om nie bang te wees om jou gevoelens dieper te verken of jou sorgsame en mededeelsame sy aan die wêreld te toon nie.

VISSE, 20 Feb – 20 Mrt

Kreatiwiteit, sensitiwiteit en geestelike inspirasie is hierdie naweek hoog. Jy is in die bui om ’n bietjie in dagdrome te ontsnap. Jy gaan ook baie medelye betoon aan iemand wat dit nodig het.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017