SATERDAG

JOU DAG

Hou jou gedagtes en liggaam vandag ekstra besig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n goeie waarnemingsvermoë, maar kan soms oorsensitief wees. Wees vanjaar avontuurliker en minder buierig.

SONDAG

JOU DAG

Die sterre bevoordeel opvoeding, reis, sielkunde en transformasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

In die komende jaar kry jou energievlak danksy Jupiter en Pluto ’n hupstoot. Benut al jou gelukskote te volle.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy kry hierdie naweek die kans om te lei en/of ander op die een of ander manier te beïnvloed. Benut hierdie geleentheid. Ander verwag van jou om met idees vorendag te kom. Spring aan die werk en moenie teleurstel nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die geluksgodin is aan jou kant en vriendskappe word bevoordeel noudat jy met vriende kontak maak. Die naweek sal op sy beste verloop as jy jou goeie geluk met dié om jou deel.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Dis baie bevredigend om hand by te sit vir ’n goeie doel, maar maak seker jy begin tuis. Jy kan ook ’n verskil maak as jy internasionaal dink, maar plaaslik iets doen.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Dis tyd om uit te reik na ander – familielede, vriende of mense in jou buurt. Jy sal in die toekoms voordeel trek uit die gemeenskapsbande wat jy nou smee.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil kuier en jouself pamperlang en knoop geselsies aan en geniet die klein luukshede van die lewe. Vir sommige gelukkige Leeus kan ’n kragtige idee jou bankbalans ’n lekker hupstoot gee.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die geluksgodin is vandag aan jou kant, Maagd, maar moet haar nie teleurstel deur ’n jammerlike kommerpot te wees nie. Geleenthede wag op jou, maar jy sal moet uitreik en hulle aangryp, anders gaan jy hulle deur jou vingers laat glip.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Vermy kitsoplossings wat ’n familiesaak betref. Jy kan net suksesvol wees as jy geduldig is en al die nodige huiswerk en navorsing doen. Soek na feite wat diep onder die oppervlak verberg is.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Jy wil graag met ander in aanraking kom noudat die planete jou buurt- en netwerksone beklemtoon. Dit is dus ’n wonderlike dag om met jou vriendekring idees te bespreek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die Jupiter/Pluto-kombinasie is uitstekend vir werk, studie, besigheid, reis en finansies. Die geluksgodin is definitief aan jou kant terwyl jy positiewe veranderinge aanbring en opwindende nuwe uitdagings aanvaar.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Persoonlike projekte en sosiale netwerk word vandag beklemtoon terwyl jy jou kontakte uitbrei om ’n nuwe internasionale groepie in te sluit. Reis en studie skyn ook helder op die horison.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Finansiële geluk is op die voorgrond danksy ekstra besigheid, ’n nuwe werk, ’n bonus of ’n rojale geskenk. Gebruik jou vermoë om te netwerk om werk te bekom en moenie bang wees om ander se hulp te vra nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte vennootskappe kry vandag ’n welkome skop omdat Jupiter en Pluto jou meer optimisties stem en jou ’n wankelrige verhouding help red.