pisces-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Dit is ’n uitstekende dag vir konstruktiewe kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak tyd vir selfondersoek en om jou intuïsie te ontwikkel. Vanjaar is die ideale tyd om geestelike aan te pak of ’n visionêre soektog op tou te sit.

SONDAG

JOU DAG

Die sonsverduistering is ’n tyd van vernuwing. Slaan ’n nuwe blaadjie om en begin voor.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die sonsverduistering dui op ’n jaar van dramatiese nuwe dinge en kreatiewe nuwe ondernemings. Gryp die geleentheid aan om vars weivelde te verken.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met die Visse-sonsverduistering wat jou fantasiesone verlig, kom jou motto vir die naweek van die Visse-skrywer Dr. Seuss: “Fantasie is ’n noodsaaklike bestanddeel van die lewe. Dit stel jou in staat om vir die werklikhede daarvan te lag.”

BUL 21 Apr.-21 Mei

Is jy tot die dood toe verveeld? Die sonsverduistering por jou aan om opwindende nuwe doelwitte vir 2017 uit te dink. Moenie oorversigtig wees nie. As jy jou in nuwe rigtings begewe, sal jy die vrugte daarvan pluk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Voel jy by die werk rusteloos? Die sonsverduistering sorg vir vars idees en geleenthede in jou beroepslewe. Maak net seker jy is ingerig om voordeel te trek uit gelukskote wat na jou kant toe kom.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die sonsverduistering belig jou latente avontuurlike sone. Dis dus ’n goeie idee om ’n oorsese vakansie, ’n reis na die binneland of ’n naweekuitstappie te beplan – na ’n wonderlike, ongerepte plek.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Juis wanneer jy dit die nodigste het, gee die sonsverduistering jou energie. Dit dui ook ’n vars begin aan vir ’n gesamentlike finansiële ooreenkoms. Waak teen te veel beloof en te min lewer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Verbonde Maagd: Romantiese vernuwing is baie waarskynlik terwyl jy nuwe maniere ontdek om ’n uitgediende verhouding weer lewe te gee. Enkellopend? Daar sal ’n vonk wees met ’n sexy Skerpioen, ’n besorgde Steenbok of ’n passievolle Visse.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale kan ook soms te lusteloos raak. Die sonsverduistering helder jou gesondheidsone op. Kom aan die beweeg terwyl jy ’n pretbelaaide, opwindende en aanpasbare nuwe oefenprogram begin volg.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

’n Uitdagende situasie met ’n kind, tiener of intieme vriend gaan verander. Die sonsverduistering vee ou gewoontes weg sodat dit met meer deernis en begrip vervang kan word.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Is jou huishoudelike lewe saai? Die sonsverduistering dui op ’n nuwe begin in die volgende ses maande. Dit kan ’n troue, swangerskap, die koop van eiendom, huisopknapwerk, verhuising of ’n nuwe huismaat beteken.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Te veel werk en te min speeltyd is ’n resep vir knorrigheid. Die sonsverduistering moedig jou aan om kreatiewe maniere te soek om aansienlike bydraes in jou gemeenskap te lewer.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Voel jy verward oor jou finansiële toekoms? Met die sonsverduistering en newelagtige Neptunus wat jou geldsone deurmekaarkrap, moet jy wag met enige groot skuiwe tot jy al die relevante feite agtermekaar het.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Met die sonsverduistering wat jou teken stimuleer, is jy op jou inspirerende beste – en jou irriterend swakste. Hoe meer kreatief en deernisvol jy is, hoe minder verlore en verward sal jy voel.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.