SATERDAG

JOU DAG

Moenie besonderhede oorslaan nie. Kyk heelwat dieper. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om na jou verbeeldingswêreld te ontsnap. Deel in die jaar wat voorlê ’n droom met iemand spesiaals.

SONDAG
JOU DAG

Verwyl vandag tyd in die heerlike buitelug.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om emosioneel en finansieel veilig te wees, maar moenie ongevoelig wees nie. Vanjaar moet jy meer glimlag en jou minder bekommer.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy wil inspring en met die spoed van wit lig optree, maar ’n geliefde het dalk tyd nodig om aan te pas. Probeer die balans regkry tussen spontaniteit en bepeinsing.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Verhoudings gaan hierdie naweek intens wees. Moet niks verdoesel nie. Gesels met ’n geliefde en luister werklik na wat hy/sy te sê het. 

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Intieme verhouding is uitdagend, want die een oomblik vorder dit volstoom en die volgende word die remme aangeslaan. Probeer toegeeflik wees eerder as die hele tyd gefrustreerd.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Ruim stiltetyd in terwyl jy oor die verlede nadink en doelwitte vir die toekoms stel. Jy sal ook waardevolle insigte kry in ’n kommerwekkende situasie rakende ’n gesinslid of vriend/in.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Stadig oor die klippe – veral as jy ’n motor bestuur of fietsry – en moenie toelaat dat jou aandag afgelei word nie. Wees ook baie versigtig oor wat jy in die sosiale media plaas. Oorhaastige kommentaar kan tot ’n vurige reaksie lei. 

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie toelaat dat vae bekommernisse met jou kop smokkel nie. Dit maak nie sin om jou te verknies oor dinge wat moontlik kan gebeur nie. Konsentreer op positiewe veranderings wat jy hier en nou kan aanbring.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Deeglike navorsing kan jou ’n oplossing help vind vir ’n knaende probleem. Stel hierdie naweek dieper ondersoek in sodat jy kan uitvind wat werklik aangaan.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Verhoudings gaan hierdie naweek baie intens wees. Sommige verbonde Skerpioene kan ’n passievolle naweek met hul maat verwag, terwyl ’n enkellopende se platoniese verhouding tot die volgende vlak kan vorder. 

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Vriend/in of kennis verras jou dalk met ’n onverwagte skuif wat ’n vinnige reaksie vereis. Ander mense het dalk vergeet jy kan nie ’n skerpsinnige Boogskutter maklik uitoorlê nie. 

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hierdie naweek wil jy iemand help, en hy/sy sal positief reageer op jou deernisvolle besorgdheid en positiewe ingesteldheid. 

WATERDRAER 21 Jan 21-19 Feb. 

Raak jou maat keelvol vir jou onvoorspelbare optrede? Duidelike kommunikasie is die geheim tot ’n suksesvolle verhouding. Enkellopendes: ’n Familielid kan jou aan jou ware liefde voorstel.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n frustrerende probleem met ’n kind, tiener, geliefde of pel betref, moet jy tyd afstaan om dinge te deurdink voor jy reageer. Haastige hond verbrand sy mond.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.