SATERDAG

JOU DAG

Venus is nou in die Skerpioen en plaas die kollig op verhoudings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wees oor die komende jaar voorbereid op skielike veranderings en verrassende gebeure in ’n intieme verhouding. Wat werk betref, hou jou oog op einddoel.

SONDAG

JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel die doen van iets skeppends tuis.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is hardwerkend en vasbeslote om suksesvol te wees. Jy moet in die volgende 12 maande gevoeliger wees vir ander se gevoelens en behoeftes.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met dié dat Venus nou jou diep en betekenisvolle sone besoek, moet jy – vir ’n verandering – op die behoeftes van geliefdes konsentreer! Die sleutelwoorde vir die naweek is dus samewerking en kameraadskap.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus besoek – tot 18 Oktober – jou verhoudingsone; dus moet jy jou bes probeer om ’n geliefde te oorreed om jou met ’n gesamentlike projek te help. Maak ook planne om hierdie naweek ’n bietjie gehaltetyd tuis te deur te bring.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus besoek die sone van jou daaglikse roetine; dus is die uitdaging om lank genoeg stil te bly om werklik na ander te luister. Ook om sleurtakies met hope Tweeling-grasie en ’n goeie humorsin af te handel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die kollig val op kreatiewe aktiwiteite, veral dié wat kinders, tieners of vriende betrek. Daar is ook ’n tikkie toorkuns en misterie in die lug; dus moet jy seker maak dat jy die naweek voluit geniet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kry maniere om jou gesinslewe gelukkiger en meer harmonieus te maak. Dit mag dalk die oplossing van probleme met gesinslede insluit, of die herorganisering van jou huislike ruimte om jou huidige behoeftes beter te pas.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Sosiale Venus besoek jou plaaslikegemeenskap-sone tot 18 Oktober. Hoekom dus nie ’n partytjie vir jou vriende en bure reël nie? Jou huidige motto is: Dink universeel, tree plaaslik op.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is lief vir ’n luukse lewe. Moet dit egter nie oordoen nie, anders gaan jy die lieflikste bankrot mens in omgewing word. Jou grootste uitdaging hierdie naweek? Leer om nee te sê.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Baie Skerpioene sal selfversekerd en sosiaal voel terwyl Venus jou teken besoek en jou gemoed ophelder. Selfdissipline is op ’n algehele laagtepunt – en die behoefte om plesier te soek op ’n algehele hoogtepunt.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Misterie is tans oral te vinde. As jy in ’n verhouding is – steek jou maat dalk vir jou iets weg? Sommige enkellopendes kan by ’n geheime liefdesverhouding betrokke raak. Loop lig!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die naweek se sterre is uitstekend vir netwerk en groepsaktiwiteite. Daar is ook ekstra geld te maak met kreatiewe ondernemings. Doen net eers al die navorsing.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is ’n wonderlike naweek om met familielede, vriende en werkmaats bande te smee. Jy sal sien dat hoe meer jy saam met kollegas kuier, hoe meer harmonieus raak verhoudings by die werk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus besoek jou avontuur- en reissone tot 18 Oktober; beplan dus so gou moontlik ’n blaaskans van oorgawe. Intussen kan jy probeer om jou kontakte uit te brei om ’n paar buitelandse vriende in te sluit.

© Joanne Madeline Moore