Wat jou sterre die naweek voorspel met Joanne Moore

SATERDAG

JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig vir kommunikasie op kreatiewe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n magnetise persoonlikheid wat mense na jou toe aantrek. In 2016 moet jy minder stres, meer dikwels ontspan en heelwat meer speel.

SONDAG

JOU DAG

Jy sal vandag sukses behaal as jy jou planne agtermekaar het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ander mense kan op jou staatmaak. Leer in 2016 om ’n balans tussen persoonlike projekte, gesinsgesellighede en gemeenskapsbetrokkenheid te verkry.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

As jy dinge uitblaker sonder om behoorlik daaroor te dink, sal jy die res van die naweek probleme wat jy self geskep het moet oplos. Dink voor jy praat en moenie sensitiewe onderwerpe ophaal nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die sterre skep gunstige omstandighede vir gesellige gesprekke en ’n lighartige geskerts. Jy is ook lus om ’n fliek te kyk, ’n konsert of uitstalling by te woon of met ’n nuwe boek op te krul.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Saterdag is ’n goeie dag vir sosiale gesellighede en konneksies in jou plaaslike gemeenskap, maar dalk skep dit ook vir jou die struktuur wat jy nodig het.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe is gebore versamelaars. Dit laat jou veilig voel as jy goed om jou het waarvan jy hou. Hierdie naweek is die fokus op innerlike sekuriteit – om standvastig te voel ongeag wat jy besit.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy wil die naweek beheer neem. Probeer om al jou vurige energie en ambisie in uitdagende projekte en fisieke arbeid te kanaliseer eerder as om baasspelerig te wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Venus stimuleer die naweek jou liefde vir die goeie dinge in die lewe en jy word aangetrek deur gesellige geselskap, mooi omgewings, die kunste en goeie kos.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy voel die naweek nie lus vir kuier nie met Venus, Mars en Jupiter wat in jou sone vir afsondering is. Dit is dus die ideale tyd om alleen-aktiwiteite soos lees, skryf en stap te geniet.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie op die kantlyn sit en ’n muurblommetjie wees nie! Jy is in die bui om te kuier en te gesels. Moenie meer belowe as wat jy kan doen nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Moenie dat jou sukses van korte duur is nie! Jy begin graag met projekte, maar maak seker jou energie, goeie voornemens en entoesiasme taan nie sodat jy dit wat jy begin het kan klaarmaak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Sondag is die beste dag van jou naweek en jy voltooi projekte, werk aan problematiese verhoudings, ondersoek opwindende, nuwe reismoontlikhede of geniet dit om in die buitelug te ontspan.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Is jy mal oor jou werk en stimuleer jou werk jou kreatiwiteit? Herevalueer jou professionele posisie die naweek wanneer die son deur jou loopbaansone beweeg.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Probeer om die regte balans te vind tussen proaktiwiteit en deurdagte optrede. Spontaniteit werk soms. Ander kere leer die opmerksame Vis om ’n meer gematigde benadering te volg.