SATERDAG

JOU DAG

As jy oor iets twyfel, vra ’n verduideliking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is meelewend en jy gee baie om vir ander, maar jy kan ook te veel broei. Moenie jouself afsonder nie . . . verkeer gerus meer sosiaal in die jaar wat voorlê.

SONDAG

JOU DAG

Die pas versnel namate die dag vorder.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is prettig en opwindend om in jou geselskap te wees, maar jy kan ook erg onbetroubaar wees. Jy moet in die komende 12 maande meer verantwoordelikheid aan die dag lê wat verhoudings betref.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

’n Dwaas sal dit waag om dinge te doen wat ’n wyse man nie sou droom om te doen nie. Dit is Sondag jy, Ram, want die vurige rooi planeet Mars verhit jou emosies. Koel af en word kalm, anders gaan die trane voor slaaptyd loop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy kan moontlik jou spoed tydelik verloor en jou doelwitte en ambisies bevraagteken. Gaan voort, Bul . . . vandag se drome sal later ’n werklikheid word. Jy moet net geduldig wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kom hierdie naweek uit en gaan rond in jou plaaslike gemeenskap, Tweeling. Kommunikasie met mense uit uiteenlopende agtergronde sal jou behoefte aan verskeidenheid en geestelike stimulasie voed.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Namate die naweek vorder, sal dit vir jou makliker wees om jou gevoelens te verwoord. Sondagaand is die aangewese tyd om sentimentele herinneringe tydens ’n spesiale maaltyd met familie of vriende te deel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal ’n aangename, vrugbare naweek ervaar as jy proaktief sowel as doelgerig is. maar as jy jou haas en kortpad kies, sal jy dit eenvoudig later moet oordoen.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy het vaste idees oor hoe jy wil voortgaan wat ’n persoonlike saak of intieme verhouding betref. Maar sal ’n meer vloeibare, buigsame benadering jou nie miskien vinniger verder bring nie?

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Groepsaktiwiteite word bevoordeel; dus moet jy vriende maak met eendersdenkende siele. Kreatiwiteit word ook uitgelig. “Logika sal jou van punt A na punt B bring. Verbeelding sal jou oral heen neem,” het Albert Einstein gesê.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer selfversekerd en proaktief jy hierdie naweek is, hoe meer sukses sal jy behaal. Soek jy werk? Jy moet verby die gewone kyk en kreatiewe maniere bedink om jouself voor te stel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Kommunikasie met buitelandse kennisse word bevoordeel terwyl jy jou vriendekring uitbrei om ’n kosmopolitiese nuwe klomp in te sluit. Wat die oplossing van ’n probleem betref, volg jou instink.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Het kommunikasie tussen jou en ’n familielid of ’n hegte vriend(in) stram geraak? Die sterre bevoordeel hierdie naweek die herstel van ’n verbintenis terwyl jy poog om ou griewe te laat vaar.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die klem val tans veral op vennootskappe, Waterdraer. Jy sal agterkom hoe meer energie en geesdrif jy in kommunikasie met geliefdes plaas, hoe beter sal jou verhoudings wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou lewe kan ’n opwindende, nuwe rigting inslaan as jy volop verfrissende oefening en buitemuurse aktiwiteite tot jou naweekroetine toevoeg. Kies ’n oefensessie wat reëlmatig, vinnig en lekker is.