SATERDAG

JOU DAG

Jy moet die selfvertroue aan die dag lê om jou ware lotsbestemming te volg.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n absolute individu. 2016 is die jaar waarin jy jou tegniese talente moet ontwikkel en abstrakte drome in praktiese projekte omskep.

SONDAG

JOU DAG

Die volmaan gee jou energie; dink daarom aan maniere om dit in nuttige rigtings te kanaliseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die volmaan val op jou verjaardag; dus lê daar ’n jaar propvol aksie voor. Maak seker jy het duidelike doelwitte en ’n praktiese plan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die kenmerke van die volmaan plus Uranus en Jupiter is ’n prikkelende kombinasie. Jy is in ’n spontane bui, maar onthou – dit duur ’n kort tydjie om brûe te verbrand en baie langer om hulle te herstel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die vurige volmaan verhit jou tuissone; dus moet jy lig loop ten opsigte van brose gesinslede. Dit sal maklik wees om die verkeerde ding op die verkeerde tyd te sê; dus moet jy daarna strewe om ’n super-taktvolle Bul te wees!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Tweelinge voel gulhartig en vandag se sterre is ten gunste daarvan dat jy uit jou hart praat en sê presies wat jy dink. Maar met Mercurius nog steeds in trurat moet jy probeer om soveel takt moontlik aan die dag te lê.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om nie op ’n kooptog te gaan nie en moenie geld uitleen nie. Jy kan dalk besluite neem wat net op jou emosies gegrond is, en hulle wissel woes onder die vurige strale van die volmaan.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die volmaan in die Leeu verhoog jou energievlakke en maak jou uiters kreatief. Die verbinding tussen die maan en Jupiter laat jou ekstra selfversekerd voel en wakker jou charisma aan.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees voorbereid daarop dat die vurige volmaan – plus die terugwykende Mercurius – jou planne vir ’n streslose naweek kan omverwerp. Strewe dus daarna om uitdagings met ekstra geduld, energie en Maagd-geesdrif te takel.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23-Okt.

Die volmaan gooi jou gewone rooster by die venster uit en skud jou naweekplanne deurmekaar. Vir ’n klompie lojale Weegskale sal ’n sukkelende vriendskap moontlik ’n verrassende wending neem.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dit sal moeilik wees om die balans te handhaaf tussen jou persoonlike lewe en jou werk. Dit gaan druk by die werk, maar moenie toelaat dat dit jou ongevoelig maak vir die dringende behoeftes van die geliefdes nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutter, jou rustelose gees het volgehoue stimulasie nodig; dus moet jy begin om ’n reis te beplan of iets nuuts aan te leer. Maar as jy ongegronde skindernuus versprei, kan jy in die moeilikheid beland.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Verwag dramatiese ontwikkelings rakende een van die twee grotes – begeerte en plundering. As jy ’n slim Steenbok is, sal jy die drang onderdruk om alles en almal om jou te beheer. Sluk liewer ’n kalmeerpilletjie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die volmaan verhoog jou onvoorspelbare Waterdraer-geaardheid. Jy is in die bui om dinge om te krap, veral wat intieme verhoudings betref. Maar is jy gereed vir die gevolge?

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou kreatiwiteit en spiritualiteit skuif vandag in snelrat, want die volmaan stimuleer die sone van jou siel. Maak ook sommer gereed vir ’n klompie helder drome en ongelooflik intuïtiewe insig.