SATERDAG

JOU DAG

Kyk vandag dieper sodat jy nie besonderhede miskyk nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om emosioneel en finansieel veilig te voel, maar moenie onaanpasbaar wees nie. 2016 is die jaar om meer te glimlag en minder bekommerd te wees.

SONDAG

JOU DAG

Bring vandag tyd in die buitelug deur.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir 2016 kom van jou welbekende aktrise Shirley MacLaine, wat ook vandag verjaar: “Don’t be afraid to go out on a limb; it’s where all the fruit is.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is gretig om in te spring en blitsig op te tree, maar geliefdes het dalk tyd nodig om aan te pas. Mik dus daarna om ’n balans te handhaaf tussen spontaan wees en dinge eers deurdink.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met deeglike navorsing kan jy die oplossing kry vir ’n probleem wat jou al lank pla. Sit hierdie naweek jou speurderhoed op en soek dieper as die oppervlak om uit te vind wat werklik aangaan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

’n Intieme verhouding is nou ’n uitdaging; die een oomblik beur dinge volstoom vorentoe, en die volgende oomblik slaan dit remme aan. Probeer buigsaam wees, eerder as heeltyd gefrustreerd.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is gretig om ander hierdie naweek te help en te ondersteun – veral kinders, tieners of vriende. Hulle sal positief reageer op jou opgewekte bui en positiewe ingesteldheid.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Hierdie naweek se sterre is voordelig vir reis, studie en alle vorms van kommunikasie. Jy gaan met ’n wye verskeidenheid mense sosialiseer en veelvuldige onderwerpe bespreek. Daar is altyd nog iets om te leer.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Moenie toelaat dat onbenullige bekommernisse jou kop deurmekaarkrap nie, Maagd. Dis onwys om te stres oor dinge wat dalk kan gebeur. Konsentreer op praktiese veranderings wat jy nou kan aanbring.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy is tans baie gefokus op geliefdes en hul behoeftes. Enkellopende Weegskale het ’n beter kans om jou lewensmaat te vind as jy proaktief en kreatief raak en jou vangnet ver uitgooi.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is jy vasgevang in ’n finansiële fiasko? Luister hierdie naweek na jou voorgevoel, want dit sal vir jou die regte pad aandui en jou die beste benadering help vind.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Kind, tiener of vriend kan jou verras met ’n onverwagte skuif, en dit gaan ’n vinnige reaksie erg. Ander het dalk vergeet hoe moeilik dit is om ’n uitgeslape Boogskutter onkant te vang!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Sit tyd eenkant vir nabetragting terwyl jy dink oor die verlede en doelwitte stel vir die toekoms. Jy sal ook waardevolle insig kry oor ’n kommerwekkende saak rakende ’n kollega of goeie vriend.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Raak jou maat ongeduldig oor jou onvoorspelbaarheid? Duidelike kommunikasie is die sleutel tot ’n suksesvolle verhouding. Enkellopendes hoef dalk nie verder as jou bure te soek vir liefde nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Wat finansies betref, is die geluksgodin op die oomblik aan jou kant. Maar moenie jou vooruitsigte bederf deur roekeloos te raak met kontant nie. Dink baie versigtig voor jy duur aankope maak.