SATERDAG
JOU DAG

Verwag vandag ’n bietjie buierigheid en/of emosionele intensiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou dinamiese en dapper geaardheid kan tot groot sukses lei. Wees net versigtig dat jy nie te veel gestres raak op pad daarheen nie!

SONDAG
JOU DAG

Die nuwemaan is in die Leeu; stel dus kreatiewe doelwitte vir die komende jaar.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n deernisvolle en mededeelsame mens wat omgee. Die volgende 12 maande is die tyd om jouself van ou griewe te bevry terwyl jy vergewe en vergeet.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Die nuwemaan is in die Leeu; dus is dit tyd vir weerbarstige Ramme om sportief of bloot supersosiaal te raak. Jy is op jou uitbundige beste terwyl jy die weg aanwys. Moet dit nie bederf en jou ongewild maak deur te baasspelerig te wees nie.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Is jy ’n Bul wat dinge uitstel? Is daar noodsaaklike werkies om die huis wat jy aanmekaar uitstel? Die nuwemaan moedig jou aan om so spoedig moontlik jou moue op te rol en aan die werk te spring.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Voel dit asof sommige van jou vriendskappe op stuuroutomaat is? Die nuwemaan moedig jou aan om vars, nuwe maniere te kry om met die mense om jou in verbinding te tree. Tuis, by die werk, sowel as in jou plaaslike gemeenskap.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Jy is gretig om jou fisieke voorkoms te verbeter terwyl die nuwemaan jou selfdunksone stimuleer. Geniet dit om jou uiterlike beeld te poets, maar onthou dat ware skoonheid altyd van binne kom.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Met die son en die maan wat met mekaar saamspan in jou teken, is dit tyd vir selfversekerde, charismatiese Katte om helder te skyn. En dit is net mooi hoe jy dit verkies! Doen dus iets spesiaals wat jou in die openbare kollig plaas.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Die nuwemaan is die perfekte tyd om jou pap batterye nuwe lewe te gee, Maagd. Neem dus ’n ruskans van jou wilde roetine en ontsnap na ’n stil en privaat plek waar jy kan ontspan en verfris.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Die nuwemaan ruk jou uit die Weegskaal se agteroorsitmodus tot in ’n produktiewe toestand. As jy jou talente tot ’n gesamentlike onderneming of groepprojek bydra, sal dit sorg vir langdurige bevrediging.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Dink aan kreatiewe maniere waarop jy skop kan geen aan ’n vaal beroep, aangesien die nuwemaan jou professionele sone stimuleer. Soek jy werk? Nou is die perfekte tyd om na jou droombetrekking te begin soek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Boogskutters is in die bui vir opwinding terwyl die nuwemaan jul ontdekkingsone aanvuur. Dit is dus ’n wonderlike tyd om’n groot avontuur saam met ’n spesiale persoon in die buitelug aan te pak.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Aandag, alle Steenbokke! Die nuwemaan moedig jou aan om ’n intieme verhouding te herontdek. As jy verval het in negatiewe maniere van kommunikeer, is dit nou die tyd om oor te skakel na meer postitiewe gedragspatrone.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb. 

Ervaar jy probleme met jou maat? Of is ’n intieme verhouding ietwat onder druk? Die nuwemaan bring ’n skitterende geleentheid om dinge op te kikker en ’n heel nuwe sienswyse aan te kweek.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Die nuwemaan is die ideale tyd om ’n gebruikersvriendelike daaglikse roetine uit te werk. Wanneer ononderhandelbare take uit die weg geruim is, sal jy meer tyd hê om die dinge te doen wat jy regtig geniet.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.