Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

taurus-hg-w

SATERDAG

JOU DAG

Mars beweeg tot 4 Junie deur die Tweeling-teken.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is georganiseerd en plat op die aarde. Vanjaar is die jaar om minder behep te wees met materiële goed en meer op geestelike ontwikkeling te fokus.

SONDAG

JOU DAG

Die Maan is binne-in die Visse, wat empatie en intuïsie aanmoedig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om in jou sosiale kring veilig te voel. Dis die jaar om minder hardkoppig en meer buigsaam te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mars beweeg tot binne-in jou kommunikasiesone; dus is jy in ’n bui vir gesels. Doen dit persoonlik en aanlyn. Moenie oorhaastige gevolgtrekkings maak nie. Jy het bloot nie al die feite tot jou beskikking nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dink jy aan jou geldsake? Mars is binne-in jou geldsone en dit moedig jou aan om meer proaktief te wees wat geld betref. Vind nuwe maniere om uitgawes te beperk en kontantvloei te verhoog.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die dinamiese Mars spring tans deur Tweeling, waar dit tot 4 Junie bly. Dit is tyd om op te hou peins en meer proaktief te wees terwyl jy nuwe idees kry, projekte van stapel stuur en vooruitgang maak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met Mars wat tot 4 Junie tot binne-in jou verborgenheidsone beweeg, is jou verbeeldingryke, intuïtiewe en introspektiewe kant in die kollig. Maak seker om jou energie na kreatiewe en geestelike dinge te kanaliseer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Groepaktiwiteite en gesamentlike pogings lyk gunstig terwyl jy kontak maak met eendersdenkende mense. Dit is ook tyd om jou toekomsdrome met vriende te deel; persoonlik en aanlyn.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die aksieplaneet Mars marsjeer tot binne-in jou beroepsone. Wees dapper, neem professionele inisiatief en laat opwindende dinge gebeur. Wys jou kollegas hoe ’n goeie leier jy is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mars storm nou deur jou avontuursone; begin solank dink waarheen jy met jou volgende vakansie gaan. Moet ook nie net idees bespreek nie. Dis tyd om die daad by die woord te voeg en op te tree.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie oorhaastige gevolgtrekkings en aannames maak oor wat geliefdes dink en voel nie. Neem liewer jou tyd om verby die uiterlike te kyk terwyl jy sake op ’n dieper vlak beskou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die proaktiewe Mars moedig jou aan om gehaltetyd aan intieme verhoudings af te staan. Gee aandag aan nuwe vriendskappe met sielsgenote; doen dit persoonlik en aanlyn.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wees proaktief oor die verbetering van jou gesondheid en fiksheid deur ’n voedsamer dieet en ’n dinamiese oefenroetine te volg. Laat sommer ook jou mediese en tandheelkundige ondersoeke doen.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die magtige Mars beweeg tot 4 Junie deur die Tweeling, jou mede-lugteken. Dit stoot energievlakke op, moedig veelsydigheid aan, prikkel nuuskierigheid en stimuleer geselskap. Jy is in Waterdraer-hemel.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie net sit en kyk hoe ’n huishoudelike situasie prut nie. Dit is tyd vir optree. Die dinamiese Mars moedig jou aan om meer proaktief te raak wat gesinsverhoudings en die huislewe betref.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017