SATERDAG

JOU DAG

Moenie vandag jaloers en besitlik wees nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak seker jy benut jou vrugbare verbeelding ten volle. In 2016 moet jy goed na jou gesondheid omsien en emosioneel meer oop wees.

SONDAG

JOU DAG

Verwag ’n besige dag met baie lewendige gesprekke en vurige debatte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy word ongeduldig wanneer ander wil hê jy moet die konvensionele reëls volg. Jou waaghalsige benadering sal in 2016 sake by die huis of werk deurmekaarkrap.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie die naweek te gretig wees nie. Ramme onderbreek altyd ander om raad te gee, maar moenie ander help as hulle jou nie vra nie. Almal het hul unieke manier om probleme te hanteer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Hoe meer tyd en energie jy aan naby verhoudings spandeer, hoe meer sal hulle blom. Dis tyd om geskille by te lê en probleme in die kiem te smoor.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Probeer om so proaktief en diplomaties moontlik te wees wat ’n komplekse verhouding met ’n kind, tiener of vriend betref. Jy kan komplikasies verwag.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie klouerig of emosioneel manipulerend in verhoudings wees nie. Onthou, daar’s ’n groot verskil tussen iemand liefhê en iemand versmoor.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Verwag intense gesprekke met ander terwyl Venus en Pluto emosionele uitbarstings en magspeletjies veroorsaak. Hoe meer jy ander probeer beheer, hoe meer sal hulle teenstand bied.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met ’n kreatiewe benadering kan jy probleme verdryf, veral wat geldkwessies betref. Hoe meer proaktief jy oor jou kontantvloei is, hoe beter sal jou geldsake lyk.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt

Met Venus en Mars in jou teken is baie Weegskale honger vir liefde en lus. Maar die maat wat jy kies kan ’n gesinslid ontstel. Wees taktvol en vat dinge stadig.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Weerstaan die versoeking om ander met ondermynende taktiek te manipuleer. Jy hoef nie altyd in beheer te wees nie. Leer liewer om te laat gaan, te ontspan en vorentoe te kyk.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg nou deur jou teken en dit is dus tyd vir reis, leer, sake doen of navorsing doen oor ’n onderwerp wat jou interesseer. Jy is lus om saam met ’n nuwe groep te kuier.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Moenie tyd en energie mors deur ander te kritiseer nie. Die enigste manier hoe jy take behoorlik kan afhandel, is om beheer te neem en dit self te doen. Jy sal kan rus as die werk na wense voltooi is.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius beweeg deur jou netwerksone. Dit is die ideale naweek om in persoon en aanlyn tyd saam met familie, vriende en kollegas te bestee.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is soos ’n emosionele spons en suig die stemming om jou op. Vermy negatiewe mense wat jou net depressief sal laat voel. Volg jou instink as jy ’n besluit moet neem.