SATERDAG

JOU DAG

Kyk na vanaand se volmaan; dis ’n seldsame “blou maan”.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n visie oor wat jy in die toekoms wil bereik en sal jou drome vinniger bereik as jy minder tyd mors aan stres en meer tyd inruim om te ontspan.

SONDAG

JOU DAG

Moenie vandag impulsief wees en dinge doen waaroor jy later spyt kan raak nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Wees avontuurlustig en reik na die sterre in die komende jaar. Maar jy moet leer om onderskeid te tref tussen wonderlike, ambisieuse drome en totaal onrealistiese planne.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die vurige volmaan moedig jou aan om jou toekomsdrome te visualiseer en deur te voer. As jy oorhaastig is, kan jy van die wal af in die sloot beland.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die situasie kan gespanne raak by die huis omdat die volmaan jou intieme sone aanvuur. Enkellopendes kan ’n passievolle en betroubare maat soek wat ernstig is om af te haak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy kan so vasgevang raak in die bedrywigheid van die alledaagse lewe dat jy jou naastes afskeep. Die volmaan se strale val op jou verhoudingsone; bring hierdie naweek gehaltetyd saam met jou geliefdes deur.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Met die volmaan wat jou werksone aktiveer, is die kans goed dat jy oortyd gaan werk hierdie naweek. Hou jou pas dop, anders gaan jy hoofpyn en ander kwale kry wat met stres verband hou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die volmaan gooi sy lig op jou vermaaksone; dis die volmaakte tyd om partytjie te hou, te gaan fliek, ’n konsert by te woon of tuis te onthaal. Wat ’n kind of vriend betref, maak jy dalk te gou jou eie afleidings.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die fokus is op die huis en beroep terwyl jy probeer om huishoudelike pligte met professionele projekte te kombineer. As jy minder stres, sal jy meer tyd en energie hê om take af te handel.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Kommunikasie met ander sal ietwat frustrerend raak; probeer op die feite fokus. Moenie enigiets beloof wat jy nie kan nakom nie. Mik daarna om die balans tussen geesdrif en werklikheid te handhaaf.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die volmaan skyn ’n helder kollig op geldsake en kwessies rakende selfvertroue. Kry vertroue in jouself en moenie alte geheg raak aan voorkoms en materiële besittings nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met die vurige volmaan wat jou teken aanwakker, word jou positiewe en negatiewe eienskappe uitgelig. Streef daarna om vrygewig en gesellig, eerder as baasspelerig en veglustig te wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Lig jou neus van die loopbaan-slypsteen af en neem jou lewe in oënskou. Dit is die volmaakte tyd vir stil betragting terwyl jy na jou hart luister.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou onafhanklike, rebelse aard word die naweek gestimuleer terwyl jy die teenoorgestelde doen van wat van jou verwag word. Ander kan geskok wees, maar doen wat vir jou reg lyk.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verveel jou werk jou? Pasop waarvoor jy wens. Met die volmaan wat op jou beroepsone skyn, moet jy seker maak jy verloor nie koers en slaan ’n totaal onvanpaste en onrealistiese rigting in nie.