SATERDAG

JOU DAG

Die Skerpioen-maan maak emosies vandag ekstra intens.

AS JY VANDAG VERJAAR

Hoe meer jy in 2017 op jou doelwitte en verwagtings fokus, hoe meer sukses gaan jy behaal. Maar moenie jou persoonlike lewe in die proses afskeep nie.

SONDAG

JOU DAG

Vandag se sterre bevoordeel avontuurlustigheid en spontaniteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is opwindend – en soms frustrerend – om jou in die nabyheid te hê. Vanjaar is die jaar waarin jy meer gefokus en minder sorgeloos moet wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou energievlakke is hoog, dus is dit ’n wonderlike naweek vir liggaamlike, sport- en buitelugaktiwiteite. Ander mense gaan jou Ram-entoesiasme inspirerend en aansteeklik vind.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Kommunikasie met familie en vriende gaan hierdie naweek aangenaam wees, want julle kaats idees na mekaar toe en bespreek jul gevoelens opreg en openlik. Maak seker dat jy vatbaar bly vir nuwe idees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Saturnus besoek jou verhoudingsone, dus moet jy ’n verantwoordelike en volwasse langtermynmaat soek. Verbonde Tweelinge – dis tyd om aan jou romantiese vennootskap te werk.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal hierdie week die geheelbeeld tuis of by die werk sien en dit is fantasties vir die passievolle beplanning van toekomstige projekte. Onderdruk die drang om meer te beloof as wat jy met gemak kan lewer.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Om ander mense rond te boelie is nie die beste manier om te kry wat jy wil hê nie. Poog eerder om ander mense deur middel van ’n entoesiastiese benadering, oortuigende argument of slim wen-wen-strategieë te help om jou standpunt in te sien.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is tans baie gefokus op ander mense. Maak dus seker jou talent vir kritiseer – opbouend of nie – gaan nie oor in snelrat wanneer jy oordeel uitspreek oor die pogings van die mense om jou nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die slim roete om te volg is om ’n kerngesonde strategie te hê, veral wat ingewikkelde gesin- en geldsake betref. Hoe meer prakties jy is, hoe meer produktief gaan jy wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy en ’n kind, tiener of intieme vriend/in verstaan mekaar dalk verkeerd. Wees doodeerlik in jou onderhandelings met ander mense en moenie toelaat dat iemand jou vet om die oë smeer nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die sterre stimuleer jou tuissone, dus is dit ’n geval van oos, wes, tuis bes. Jou lewe is bedrywig met enigiets van vriende onthaal en familielede wat kom en gaan tot hope selfdoenprojekte om te takel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die son, Mercurius en Pluto besoek tans jou teken en dit help jou om te vorder met persoonlike en werksprojekte. Jou gedagtes is gefokus en jy het ’n sterk sin vir selfdissipline.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die son beweeg nou vier weke deur jou teken. Dit is dus tyd om die sprankelende, blink en unieke Waterdraer te wees wat jy sedert jou geboorte is. Skitter soos ’n diamant!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Groepsaktiwiteite word belig terwyl julle jul talente saamgooi en dinge saam ontdek wat jy nooit alleen sou kon doen nie. Maar dit gaan nie ’n gelyk paadjie wees nie, so markeer die pas, Visse.

© Joanne Madeline Moore