SATERDAG

JOU DAG

As jy oor iets twyfel, eis ’n verduideliking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is prettig en opwindend om mee saam te wees, maar jy kan soms ook maar onbetroubaar wees. Die volgende 12 maande is die tyd om meer verantwoordelik met verhoudings te wees.

SONDAG

JOU DAG

Die pas versnel namate die dag vorder.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dapper en word nie afgeskrik deur struikelblokke nie, maar jy kan soms te veel sit en broei. Mik daarna om in die komende jaar meer gesellig te wees.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Dwase storm in waar wyses huiwer! Dit is hierdie naweek jy, terwyl Mars, die vurige rooi planeet, jou emosies warm maak. Probeer afkoel en kalmeer, anders gaan trane gestort word voor dit slaaptyd is.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Deur heelwat oefening en buitemuurse aktiwiteite by jou naweekroetine in te sluit, sal jy jou lewe op positiewe maniere aanwakker. Kies ’n fisieke oefening wat verkwikkend en prettig is.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Het kommunikasie tussen jou en ’n lid van die gesin of ’n intieme vriend spannend geraak? Hierdie naweek se sterre moedig die hervestiging van ’n verhouding aan, terwyl jy ook daarna strewe om ou griewe te laat vaar.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Namate die naweek vorder, sal jy al hoe meer gemaklik voel om aan jou gevoelens uiting te gee. Sondagaand is uitstekend om ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n spesiale iemand deur te bring – jouself!

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

As jy proaktief en prakties wees kan kombineer, gaan jy ’n aangename en produktiewe naweek hê. Maar as jy haastig raak en kortpaaie vat, sal jy net later dinge moet oordoen.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Wat ’n persoonlike saak of intieme verhouding betref, het jy vasgestelde idees oor hoe jy wil vorder. Maar sal ’n meer vloeibare en buigbare benadering jou verder bring, en gouer?

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Kommunikasie met kennisse van oorsee word bevoordeel terwyl jy jou vriendekring vergroot om ’n kosmopolitiese nuwe groep in te sluit. Wat die oplos van ’n probleem betref, vertrou op jou voorgevoel.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Hoe meer selfversekerd en proaktief jy hierdie naweek is, hoe meer sukses gaan jy behaal. Soek jy werk? Jy moet buite die vierkant dink en kreatiewe maniere kry om jouself uit te beeld.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Die fokus is tans skerp op intieme verhoudings, Boogskutter. Jy sal sien hoe meer energie en entoesiasme jy in kommunikasie met geliefdes insit, hoe beter raak die naweek.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Jy kan tydelik jou momentum verloor, en jou doelwitte en aspirasies in twyfel trek. Byt vas, Steenbok . . . die drome wat jy nou droom, sal hulself later openbaar.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Doen hierdie naweek jou rondes in die gemeenskap, Waterdraer. Om met mense uit ’n groot verskeidenheid agtergronde te kommunikeer, sal jou behoefte aan verskeidenheid en geestelike stimulasie bevredig.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Maak seker dat jy Saterdag jouself duidelik uitdruk, anders gaan misverstande voorkom. Sondag is ’n uitstekende dag om gehaltetyd met ’n gunstelingfamilielid deur te bring.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017