SATERDAG

JOU DAG

Streef daarna om vandag proaktief en behulpsaam te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is die jaar dié waarin jy kreatiewe, innoverende en proaktiewe maniere moet vind om jou kontantvloei ’n hupstoot te gee. Gebruik jou verbeeldingskrag!

SONDAG

JOU DAG

Werk met passie, maar teen ’n beheerde, konstante spoed.

AS JY VANDAG VERJAAR

2016 is die jaar wanneer jy nuwe verhoudings moet ondersoek. Hoe eerliker jy met jouself is, hoe meer sal jy in verbinding voel met ander.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Grootdoenerige Ramme is vuur en vlam om aan die gang te kom terwyl aspekte van die wonderlike naweek ’n huppel in jou stap en ’n glimlag op jou gesig sit. Gryp die oomblik aan en durf ’n groot avontuur aan!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Mars help jou om uit ’n verhoudingsroetine ontsnap. Kom dus uit jou gemaksone en beproef iets nuuts terwyl jy vrolik van die een fase na die volgende een beweeg.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Liefde, gesprekke en lag is in die kollig, dus moet jy die geleentheid gebruik om te romantiseer, te ontspan en samehorig te wees. Vir sommige Tweelinge het ’n spesiale verhouding tans ’n definitiewe gevoel van déjà-vu.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Saturnus help om jou emosionele energie te stabiliseer. Dit is dus ’n uitstekende naweek om jou moue op te rol en dinge gedoen te kry terwyl jy kreatiewe idees in produktiewe projekte omskep.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is uitstekende leiers, maar jy kan effens oordonderend wees. Hierdie naweek moedig die sterre jou aan om jou te laat geld op ’n positiewe manier wat ander mense nie as intimiderend ervaar nie en wat hulle ook nie die skrik op die lyf jaag nie.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Rol jou moue op terwyl jy praktiese projekte aanpak en onvoltooide sake afhandel. Dit is ’n goeie tyd om papierwerk uit te sorteer, jou begroting na te gaan of onvoltooide selfdoenprojekte tuis te voltooi.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Het jy onlangs gesukkel om met ’n geliefde te kommunikeer? Dit is tyd dat jy ’n heel nuwe benadering beproef. Met ’n vars benadering sal jy die verhouding ten goede verander.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus is tans sterk op die gesin, terwyl die son, Mercurius en Venus jou huishoudelike sone besoek. Dit is ook die aangewese tyd om jou benadering tot ’n voortslepende persoonlike probleem te heroorweeg.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

’n Subtiele en slim benadering verrig wondere, veral waar jy met gesinslede te doen het. Hoe meer jy dinge bespreek en idees uitruil, hoe beter sal die naweek wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

As ’n intieme vriendskap jou pla, streef daarna om met ’n slim oplossing vorendag te kom deur jou kop en jou hart te gebruik. Met ’n tweevoudige benadering gaan jy binnekort weer op dreef wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Daar sal geleenthede wees om jou drome met ander te deel terwyl jy jou vorige ervarings bespreek en planne maak vir die toekoms. Die krag van die groep is aan jou kant, dus moet jy seker maak dat jy deelneem.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte besighede, handel en sosiale netwerk word hierdie naweek bevoordeel, terwyl jou kommunikasievermoëns inskop en jy belowende bande met prominente mense.