Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

SATERDAG

JOU DAG

Moenie dinge vandag aanjaag nie. Neem jou tyd en praat dinge uit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n goeie geheue en ’n baie vrugbare verbeelding. Gebruik die komende 12 maande om meer aktief betrokke te raak by die lewe van jou familie en vriende.

SONDAG

JOU DAG

Gryp die geleentheid aan om idees in produktiewe projekte te omskep.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy slaan jou privaatheid baie hoog aan. Probeer in die komende jaar meer betrokke raak by die wêreld om jou, terwyl jy steeds gekoesterde alleentyd geniet.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy is rusteloos en voel gretig vir verandering, maar is ander mense gereed vir jou ambisieuse idees? Moenie oorhaastig wees nie; beraadslaging en aandag aan besonderhede gaan jou heelwat verder bring as om halsoorkop te wees.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy besluite neem wat net op gesonde verstand gegrond is, beteken dit jy sien net die helfte van die prentjie. Luister na die wysheid van die stemmetjie in jou binneste; jou intuïsie sal jou in die regte rigting lei.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Verbonde Tweelinge – luister fyn, want jou maat het verstandige raad vir jou. Enkellopendes – jy het ’n bewonderaar, maar sorg dat hy/sy hom-/haarself eers bewys voor julle die romantiese sonsondergang tegemoetry.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy sou ongeduldig kon raak met sommige mense se gebrek aan inisiatief en geesdrif, maar nou is nie die regte tyd om knoppies te druk nie. Wees ook ekstra versigtig wanneer jy boodskappe via die sosiale media stuur.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jou luim gaan wissel volgens die mens by wie jy is. ’n Vriend/in of kollega is entoesiasties oor ’n projek, maar maak seker jy gaan die feite, syfers en finansies na voor jy jou verbind.

MAAGD 24 Aug.- 23 Sept.

Die harde werk wat jy aan jou gesinslewe wy, sal vorentoe goeie winste oplewer. Moet egter nie net praat oor wat jy beplan om te doen nie – sit jou woorde om in dade.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Oppervlakkige skoonheid kan jou verblind, maar moenie dat ’n glansryke uiterlike jou hierdie naweek mislei nie. Kyk onder die oppervlak om iemand of iets se ware, blywende waarde te bepaal.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Omdat jy bang is om jou broosheid te toon en te veel omtrent jouself te onthul, is jy geneig om jou ware gevoelens weg te steek. Dit is egter hoog tyd dat jy belangrike sake met ’n familielid of intieme vriend/in bespreek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Dit is ’n wonderlike tyd om ’n misverstand met ’n kind, tiener of vriend/in uit die weg te ruim. Moenie oorhaastig tot ’n gevolgtrekking kom nie. Neem jou tyd en kry eers al die tersaaklike feite.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Voel dit of jou lewe net uit werk en geen pret nie bestaan? Byt vas; die professionele vaardighede wat jy nou poleer, sal voortaan baie lonend wees. Trakteer jou op ’n spesiale manier en onthou om klein treetjies te gee.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Het jy ’n ernstige plan vir die toekoms? Die tyd is reg om hierdie naweek jou doelwitte en drome noulettend te bekyk. Dalk moet hulle op die een of ander manier hersien word?

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius, Venus en Jupiter beweeg al drie deur jou verhoudingsone, dus is jy in die luim vir geselskap en gesprekvoering. Onafhanklike projekte is tydelik buite die kwessie en gesellige samewerking is in.