SATERDAG

JOU DAG

Hou jou kop in die wolke en jou voete plat op die aarde.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk, maar jy kan ook angstig raak. Jy moet in die komende jaar heelwat tyd van jou besige program afstaan vir gereelde rus en ontspanning.

SONDAG

JOU DAG

Geestesake, kreatiwiteit en empatie word vandag uitgelig.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n oplettende en sensitiewe mens. Oktober is die beste maand om by ’n aanlyn vriendskapsklub aan te sluit, verlief te raak, te trou of om jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die kreatiewe Neptunus help jou hierdie naweek om ’n onbekende terrein te betree. Laat jou gedagtes dus gaan terwyl jy ’n raaisel ontrafel, ’n geheim ontdek of iets ondersoek wat jou nog altyd geprikkel het.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Samewerking en verbeelding sal jou hierdie naweek ver bring, terwyl jy ’n huidige probleem met ekstra versigtigheid en deernis ondersoek. Die beste oplossing is nie noodwendig die ooglopendste een nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n wonderlike naweek om ’n dinkskrum te hou oor kreatiewe idees wat jy volgende week by die werk kan gebruik. Soek jy werk? Stel ’n wenslysie op en stuur jou doelstellings die wye wêreld in.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy is in ’n luim vir verbeeldingsvlugte en kreatiewe gesprekke. Jy sal dus hierdie naweek betekenisvolle kennisse uitsoek terwyl die deernisvolle Neptunus jou gevoelens verdiep en jou sensitiwiteit verhoog.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou verbeelding is vuur en vlam terwyl die super son/Neptunus-stand jou kreatiwiteit verhoog en jou kinderlike kunstigheid na vore bring. Gee uitdrukking aan jouself.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy moet hierdie naweek heelwat ondersteunende empatie aan ander mense bied. Hulle sien op na jou vir aanmoediging en positiewe oplossings, eerder as kritiek – hoe konstruktief dit ook al kan wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Hierdie naweek is jy in ’n bui om met ekstra goedhartigheid en liefde met geliefdes om te gaan. Dit is dus die volmaakte tyd om jou vriendelikheid uit te bring en tot die kern van verhoudingskwessies deur te dring.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Met die magtige Mars wat in jou teken vorentoe beweeg, moet jy proaktief wees ten opsigte van jou sosiale sirkel en internasionale kennisse. Hoe meer jy ’n buitelandse vriendskap koester, hoe meer geluk sal na jou kant toe kom.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Optimisme loop hoog, maar so ook rusteloosheid. Vind maniere om jou sonnige Boogskutter-energie te kanaliseer. Gesamentlike finansies trek voordeel, solank jy jou huiswerk doen en nie kortpaaie neem nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Stadig nou. Neem jou tyd om op sensitiewe en simpatieke maniere na goed te kyk. Dis ook tyd om jou internasionale kennisse te vertroetel en jou sosiale net ver en wyd uit te sprei.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

As jy geldprobleme het, kan ’n ander benadering dinge laat omswaai. Spanpogings word bevoordeel terwyl jy jou kontantvloei ’n hupstoot gee met ’n meer kreatiewe en gesamentlike benadering.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit kan vir ander mense voorkom asof jy geloof in jouself kortkom, maar jy het ’n stil, innerlike vertroue wat sal sorg dat jy ver kom. Hierdie naweek sal jou betroubare voorgevoel jou in die regte rigting stuur.